
Die Outeniqua Skougenootskap wil hiermee sy opregte dank en waardering uitspreek teenoor die George Munisipaliteit en George Toerisme vir hul ruim finansiële borgskap aan die George Landbouskou 2025. Hierdie bydrae maak dit moontlik om die skoujaar se program verder uit te brei en nuwe, opwindende items by die skou te voeg.
Die 2025 Landbouskou beloof om een van die mees gevarieerde en gesinsvriendelike skoue nog te wees, met iets vir elke lid van die gemeenskap. Vanjaar se hoogtepunte sluit onder meer in:
- Erfenisplaas waar besoekers plaasdiere kan ontmoet, koeie en bokke melk, en selfs donkiekar-ritte geniet.
- Besigheids-aflos wat plaaslike ondernemings op ’n prettige manier teen mekaar laat meeding.
- ’n Manne-ontbyt saam met die welbekende ekonoom Dawie Roodt.
- ’n Vroue-oggend met die gewilde koskenner Carmen Niehaus.
- Die Boran Beestelersvereniging se indrukwekkende vertoning van beeste.
Benewens die nuwe toevoegings, keer die gewilde “ou staatmakers” ook terug:
- Skaapkompetisies, jeugskou, pluimvee-afdeling, perde, die honde-uitstalling en -kompetisie, asook die gewilde Oval Track.
- Verskeie stalletjies – van plaaslike produkte tot heerlike kosstalletjies – wat die ware skousfeer skep.
Sport en vermaak kry ook groot aandag met items soos:
- Die gewilde Kragman-kompetisie
- Toutrek
- Skaak
- Titan Fightnight
- ’n Uitdagende 4×4 baan vir motor-entoesiaste.
“Ons is uiters dankbaar vir die ondersteuning van die George Munisipaliteit en George Toerisme,” sê Corné Botha, President van die Outeniqua Skougenootskap. “Hul belegging in die skou is ’n belegging in die gemeenskap van George – dit bring mense bymekaar, ondersteun landbou en toerisme, en skep ’n platform vir plaaslike talent, sport en kultuur.”
Die George Landbouskou 2025 beloof ’n onvergeetlike ervaring vir oud en jonk.
About George
Nestled in the heart of South Africa’s Western Cape, George is the vibrant hub of the spectacular Garden Route. Stretching from Herold’s Bay to Wilderness and Uniondale, George boasts breathtaking natural beauty, from sparkling oceans and majestic mountains to lush forests and rolling farmlands. It’s a haven for outdoor enthusiasts and nature lovers alike. Renowned for its world-class golf courses, golden beaches, rich history, and thriving arts and culture scene, George offers unforgettable dining experiences, exhilarating trails, and adventure-filled activities. Discover all that George has to offer at visitgeorge.co.za. George, naturally.