Die Suid-Kaap Oumotorklub se jaarlikse Erfenistoer, trots ondersteun deur ReCollection Rides, vind vanjaar van 20 tot 24 September plaas. Die SKOMK sluit George, Mosselbaai en Oudtshoorn in, maar het lede en verteenwoordigers so ver as Beaufort-Wes en Victoria Wes.Vir die oumotor-entoesias is die Suid-Kaap die ideale omgewing – ‘n ware tuiste vir die oues waaraan jy so hard gewerk het.Die SKOMK is ook die tuiste en aanbieder van die gewilde George Oumotorskou.Die toer val saam met Erfenisdag op 24 September, asook Toerismemaand en die Midlands Oumotorskou in die Oos-Kaapse dorp Graaff Reinet.

Die groep voertuie spring Vrydag 20 September weg vanaf Halfway Toyota by die Garden Route Mall, waar hulle ook vooraf besigtig kan word.
Die roete kronkel deur die bekoorlike Karoo-dorpies Uniondale, Willowmore en Aberdeen na die historiese dorp van Graaff Reinet.
Saterdag 21 September gaan die besondere voertuie een van die hoogtepunte van die Midlands-oumotorskou gehou in samewerking met die tweejaarlikse Collector’s Fair op die Laer Volkskool sportvelde.
Die volgende dag besoek die toer die oulike dorpie Nieu-Bethesda, bekend vir die Uilhuis, Hier het die eksentrieke Helen Martins, haar huis omskep in ‘n eklektiese mengsel van mure wat met gemaalde glas gepleister is en ander fassinerende dekor versier is. Haar tuin bevat meer as 300 standbeelde, wat ondermeer uile, kamele, piramides, poue en mense insluit.
Maandag 23 September vertrek hulle na Jeffreysbaai, waar die toer op ‘n hoë noot tydens ‘n gala-geleentheid afgesluit word.
Die groep keer Dinsdag 24 September terug na George.
Die Erfenietoer is een van die hoogtepunte op die George Oumotorklub se aktiwiteitskalender. “Ons neem graag deel, want dit gee ons geleentheid om die erfenisgoed wat vir ons kosbaar is, met ander te deel,” sê Pierre Olivier, die voorsitter van die reëlingskomitee.
Besoek die Erfenistoer-webblad op die webblad van die Suid-Kaap Oumotorskou www.SCOCC.co.za en klik op Heritage Tour.
Artikel: Mimi Finestone

Oorspronklike artikel vanuit Ultimate Drive Ed.56








In the region of 60 holes have been drilled and grout will be forced in through these holes under extreme pressure to fill up any voids in the rockbed below the concrete base of the spillway. The first batch of 27 tons of reinforcement has been delivered to site and work can commence on the base on the eastern side, as soon as the pressure grouting has been completed and the rock anchors installed. The contractor has also started erecting the concrete formwork for the eastern spillway base.
The public is reminded that unauthorised access to the construction site is strictly prohibited to ensure the safety of the public. Heavy construction vehicles are operating on both the MTO/NMU and George side of the dam wall. The required signage is in place to warn the public that the area is a construction site and only authorised persons are permitted to access this area wearing the correct safety clothing. A recent very near collision between a motor-cyclist and a heavy truck within the restricted area is regarded in a very serious light.
The Municipality sincerely thanks residents for adhering to the restrictions, as this allows construction to continue without undue additional safety risks. All enquiries must please be referred to the George Municipality for comment and feedback to

