THE OCC PAY TRIBUTE TO ERNST VAN DYK
George Trails…the reason to play outside.
As an eco-tourism project our goals are two-fold namely to attract the fast growing trail tourism market to George to the benefit of local businesses and job creation and secondly to offer locals with information on where to run, ride and hike, in order to create a healthier community.The project have had its challenges with thousands of rands worth of vandalism to route markers and trail signage a year ago. This prompted Green Sport to take the project mostly online so the George Trails website (www.georgetrails.org.za) is a hub of information of where you can run, ride or hike and how to do it safely and responsibly. The great thing is that you can download all the routes easily on you GPS devise or smartphone to navigate with. The Facebook page keeps you up to date with news and events so give it a like.The website furthermore give information of where to shop for your gear, what clubs you can join, where permits are needed, trail safety, etiquette and you can even book accommodation or a tour through it.
Trail sports are growing at a rapid rate and George Trails will be exhibiting with George Tourism at the UCI Mountain Bike Work Cup Expo in Stellenbosch in early March and are inviting all cycle related businesses around George to join us. Our aim is promote George as a top trail tourism destination with world class infrastructure and various events.Because of the not for profit nature of the project assistance is always needed so if you wish to donate or volunteer it will be much appreciated. There are also a variety of cost effective advertising and sponsorship opportunities available. www.georgetrails.org.za*For more information please contact Werner on 083 444 3738 or info@greensport.org.za.Oorspronklike artikel was in Ultimate Lifesyle Ed.4
In ons Piekniek mandjie!
Zucchini mielie poffertjies4 koppies zucchini – fyn gerasper1 en half koppies gaar soetmielies¾ koppie spriet uie fyn opgesny1t Oregano1t Tiemie1¼ kwart koppie ertjie meel1t sout en peper na smaakBotter of olie om in gaar te maakMeng alles deeglik bymekaar. Los vir so 5 min sodat die meel die vog van die zucchini kan absorber en ‘n deeg vorm. Verhit ‘n bietjie botter in pan oor lae hitte. Skep nou lepels vol mengsel in pan en braai 3-5 min aan weerskante tot lig bruin.Artikel & Fotos: Rosalyn van ZylOorspronklike artikel was in Ultimate Lifestyle Ed.4
KTM 790 R – Koning van die Berge
Toe BMW in 2007 hul F800GS bekend gestel het, was dit ‘n baanbreker in die middelgewig avontuur mark. Toentertyd was die norm in die segment ‘n enkel silinder 650, terwyl jou tweeslilinder opsies iets soos die Honda TransAlp of die pad georiënteerde Suzuki V-Strom was. Die 650 V-Strom was vinnig genoeg en die 700 TransAlp was vermoënd genoeg van die pad af, maar die F800GS het ‘n kombinasie van beide gebied, asook ‘n meer interaktiewe ry-ervaring, en het die weg gebaan vir middelgewig twee-silinder avontuur fietse.
Sedert daardie dae het baie verander. Meeste 650 enkel-silinder motorfietse het weg geval en ‘n hele reeks nuwe modelle het met die F800GS kom meeding. Triumph het die 800 Tiger, ‘n lewendige drie-silinder met verslawende klank en versnelling. Honda het die die Africa Twin, wat gerat is om van Kaap na Kairo te ry terwyl KTM tot redelik onlangs steeds op die enkel-silinder 690 staat gemaak het in die segment. Dit was egter bekend dat ‘n twee-silinder 790 op pad was en die antisipasie in die mark was aanvoelbaar.
As KTM ‘n avontuur motorfiets ontwikkel, is die klem op avontuur. Hierdie is nie ‘n padfiets met grondpad vermoë nie, nee, hierdie is ‘n motorfiets vir die man regtig op afgeleë terrein gaan rond ry, amper soos die Camel-man van ouds. Dit is toe ook so avontuur in Lesotho wat vir die lede van die media op die bekendstelling gewag het! Vergeet van stop vir tee of ander vyfster bederfies wat jy gewoonlik op ‘n media bekendstelling tee kom. Bring jou motorfiets stewels, ordentlike beskermende klere en ons gaan verken die berg-koninkryk!
Op die beskikbare spyskaart van motorfietse was al die avontuur modelle van die 690 tot die monster 1290R, so die ryers teenwoordig kon nie net al die motorfietse ervaar nie, maar ook duidelik sien presies waar in die reeks die 790 modelle hulle bevind. En ja, daar is twee modelle: Die 790R en die 790S. Laasgenoemde is vir die eienaar wat meer tyd op die pad gaan spandeer, met ‘n groter windskerm, laer saalhoogte en kleiner wiele. Neem mens egter in ag hoe na aan mekaar die twee modelle se pryse is, en wat jy als ekstra kry op die R-model, sal die 790R die volume verkoper wees. Die R-model geskoei met groter speekwiele, verstelbare vering, ekstra rymodusse en dies meer bied net ‘n veel, veel veelsydiger fiets.
Die nuwe 790 modelle is van die grond af nuut ontwerp en indrukwekkend toegerus met spesifikasie en tegnologie. Wat eerste die oog vang is die tablet-tipe instrumente paneel. Die skerm begin met indrukwekkende grafika en bied letterlik al die informasie wat jy nodig het, en meer. Daar kan geselekteer word tussen verskillende skerms vanwaar alles van verstellings van ry-modusse tot bluetooth koppeling kan gebeur.
Begin die wiele rol voel die fiets gemaklik, eerder as oordonderend. Kraglewering en hantering is voorspelbaar en boesem onmiddellike vertroue in. Begin jy speel met die verstellings raak dit gou duidelik dat elke ry-modus verandering verander die karakter van die ABS, glip-beheer, versneller-reaksie asook die vering, so rit-modus verstellings is opmerklik verskillend. Wat egter uitstaan, as jy eers die vervelige teer verlaat het, is die Rally-modus! In hierdie modus is die versneller reaksies oombliklik kan die ryer in die ry die glipbeheer verstel tussen nie minder nie as nege verstellings. Op 9 hou die stelsel als mooi onder beheer, maar op verstellings 1 tot 4 sal jy lyk soos ‘n wafferse Alfie Cox deur die draaie, sonder dat die stelsel die fiets sal toelaat om buite beheer te raak.
Die 790 is lig (189kg droog), kragtig (95hp/70kW) met goeie gondvryhoogte (233mm) en terwyl al die syfers beïndruk, is dit die kombinasie van hoe die fiets aanmekaar gesit is en hoe gemaklik hy oor ruwwe terrein ry wat werklik beïndruk. Die 20L brandstof tenk is laag geleë, tussen die ryer se bene en hou die gewig lekker laag. Die KTM is vasvoetig en ry amper beter en lekkerder hoe vinniger jy oor die ruwwe terrein ry. Die WP-vering met elk 200mm beweegruimte voor en agter absorbeer eenvoudig enige terrein waaroor jy beweeg. En so vermoënd as wat die 790 van die pad af is, bied hy ook die geleentheid om te toer. Daar is voorsiening gemaak vir bagasie en met ‘n reikwydte van 400km kan die ryer lekker ver van die beskawing gaan toer.
As middelslag avontuur toermotorfiets tiek die KTM790 al die boksies en is in die segment waarskynlik die mees vermoënd van die pad af. Boonop is hy reg geprys, in lyn met ander motorfietse in die segment en beduidend goedkoper as sy Germaanse konkurent.
Tog, die motorfiets is seker nie vir almal nie. Vir die ryer wat net soos ‘n avonturier wil lyk by sy naaste koffiewinkel sal ‘n meer pad-georiënteerde fiets verkies (so lank hy net op die sypaadjie kan parkeer). Die KTM790R is egter doelgebou vir avontuur en sal die regte avonturier nie teleurstel nie. Die regte Camel-man. Want aan die einde van honderde kilometer se avontuur drink jy nie tee nie.
KTM Adventure S – R 173 999-00 / KTM Adventure R – R 185 999-00

Artikel: Johann van Tonder Foto: ZC Marketing
Die artikel was in Ultimate Drive Ed.55
Verken die Suid Kaap!

Ontmoet vir Bain:Thomas Bain was die seun van Andrew Geddes Bain. Hierdie pa en seun het in hulle tyd in Suid Afrika vele asemrowende passe gebou en die Suid Kaap area spog met van Thomas Bain beste werk. Vat bietjie die pad en gaan kyk wat het hierdie man vermag.Prins Alfred’s Pas – Hierdie pragtige pas strek oor ongeveer 70km en loop van Knysna tot in Avontuur. Die roete is geseën met ‘n verskeidenheid van woude, hoe uitsigte asook Klein Karoo Fauna en Flora. Stop by die wel bekende tee tuin in De Vlugt en eet melktert of stop by Angie’s vir ‘n koue. As jy van Knysna se kant af ry moet egter nie by De Vlugt al omdraai nie, van die mooiste dele van die pas lê tussen De Vlugt en Avontuur.Swarberg Pas – Hierdie pas is gebou in 1888 en loop bo-oor die Swartberg vanaf Oudtshoorn na Prins Albert. Hierdie meesterstuk was die laaste pas wat Thomas Bain gebou het en waarskynlik sy beste werk. Let veral op na die droë klip mure wat die pad vandag nog dra. Die uitsigte vanaf hierdie pas is asemrowend maar wees gewaarsku, as jy hoogtevrees het kan jy dalk sukkel. In Prins Albert maak gerus ‘n draai by die Fransie Pienaar museum.
Vat vir Skoonma Hel toe!Gamkaskloof, ook bekend as Die Hel, is ‘n vallei in die Swartberg waar ‘n klein trotse gemeenskap vir meer as 100 jaar in isolasie gewoon het. Petrus Swannepoel was die eerste boer in Gamkaskloof, ‘n vallei wat ‘n hardwerkende gemeenskap onderhou het tot in 1962 toe ‘n pad daarheen gebou is. Die pad het uiteindelik die einde van die gemeenskap beteken want die mense het een vir een weg getrek. Piet Swanepoel, die laaste boer, het in 1991 die kloof verlaat.Geskiedenis boeke vertel dat trekboere die kloof ontdek het toe hulle verdwaalde beeste in die berg gaan soek het. Hulle het in die vrugbare vallei gevestig en op sy dag het die kloof ‘n kerk, ‘n skool en ‘n aktiewe gemeenskap gehad. Vandag behoort meeste van die kloof aan Cape Nature wat dit bewaar vir die nageslag.Onder in die kloof is ‘n restourantjie wat behoort aan Annetjie Joubert, ‘n boorling van Gamkaskloof. Gamkaskloof is ongeveer 160km vanaf George. Die pad na Gamkaskloof draai uit vanaf die Swartberg pas, so 3km anderkant “Die Top”. Ry reeds vroeg in die oggend en begroot ‘n hele dag vir die besoek. Gebruik ‘n voertuig met redelike grond vry hoogte en moenie vir skoonma daar vergeet nie!
Ry ‘n sirkel roete.Pak ‘n mandjie padkos en vat die pad! Hier is ‘n lekker roete wat verskeie van die minder bekende grondpad passe in die area insluit. Vanuit George begin jy sommer met die Montagu Pas. Net verby Herold sluit die pad aan by die N9 wat na Uniondale loop. Daar draai jy na Uniondale en skaars 50 meter verder draai jy weer links op die die Paardepoort Pad. Paardepoort Pas loop deur ‘n nou nekkie langs ‘n stroom. Let op die klip bouwerk van die ou pad anderkant die stroom. Vanaf Paardepoort kies jy koers na Oudtshoorn en dan na Calitzdorp. Hier raak dinge weer interessant – vanuit Calitzdorp neem jy die manjifieke Rooibreg Pas na Van Wyksdorp. Vergaap jou aan die uitsigte oor die Klein Karoo op die Rooiberg Pas. Uit Van Wyksdorp kies jy koers na Herbertsdale en op hierdie pad ry jy af met ‘n asemrowende passie tot by die Gourtisrivier en jy sny ook deur die berg met die Cloetes pas voor jy in Herbertsdale aankom. Kyk uit vir die ou Anglo-Boere oorlog fort in Cloetes Pas. Vanaf Herbertsdale reis jy na Mosselbaai en dan al langs die kus terug na George.Die totale roete is ongeveer 350km en sal jou die hele dag besig hou. Maak vol in Calitzdorp aangesien Van Wyksdorp en Herbertsdale nie altyd brandstof beskikbaar het nie.
Met Dapper en Stapper.Daar is ‘n pas tussen George en Herold wat selfs ouer is as die Montagu Pas – die Cradock Pas. Hierdie pas moet egter te voet aangedurf word. Die roete begin ongeveer 3,7km buite George (rigting Oudtshoorn) by die Witfontein bosboustasie (oppad na Montagu Pas). Die roete bied asemrowende uitsigte vanaf die berg oor die hele George area. Plek plek kan ook merke gesien word wat ossewa wiele in die klippe gemaak het soos hulle oor die berg gesukkel het. Die roete is 12,4km lank en ‘n redelike klim so begroot ten minste 5 ure as jy die roete aan durf. Die roete eindig net bo die kruin van Montagu pas en jy sal vervoer moet hê wat jou daar kan kom haal. Moenie jou water vergeet nie!
‘n Grot en ‘n eeu oue wrak.Lus vir ‘n lekker stap langs die strand? Glentana met sy lang strande is net die plek! Stap mens egter vanaf Glentana se strand in ‘n Oostelike rigting is daar bietjie meer om te sien. Net verby die eerste rotse is ‘n grot waar so paar vlermuise tuis gaan. Die grot is so om en by 50 tree diep en mens moet teen ‘n paar rotse uit klouter om daar te kom. Nog so paar kilometer verder Oos van hier kry mens Glentana se wrak. Hierdie wrak het uitgespoel gedurende ‘n storm in 1902. Dit was ‘n droë dok wat gebruik was om skepe ter see te herstel.Net ‘n paar wenke as jy hierdie wrak wil besoek:– Moenie jou kamera vergeet nie.– Maak seker jy begin stap ‘n uur of wat voor laagwater en kom terug sodra die gety begin draai. Jy wil nie anderkant daai rotse vasgekeer wees gedurende hoogwater nie!– Die area het volop mossels op die rotse. Hou in gedagte dat jy ‘n aas lisensie nodig het om die mossels te verwyder. So lisensie kan by enige poskantoor gekoop word.
Gaan soek ‘n ou fort!Tydens die Anglo-Boere oorlog was daar ook aksie in die Suid Kaap. Veral die kommando van Gideon Scheepers het die Britse magte in die Klein Karoo se lewens bitter moeilik gemaak. Soos hy die kolonie dieper en dieper binne gedring het, het verskeie dorpies geskarrel om hul self te verdedig indien die Boeremagte sou opdaag. Knysna was geen uitsondering nie. Hulle het ‘m dorpswag gestig en Standard Bank het selfs hulle boeke per boot na Mosselbaai gestuur vir veilige bewaring. Die NG dominee en ander Afrikaans sprekendes is gearresteer en een aand was die hele dorp in rep en roer toe hulle hoor dat ‘n groep mans na Knysna op pad was vanuit George se rigting. Gewapen tot die tande en gereed moes hulle toe agterkom dat dit net ‘n groep mans van Pacaltsdorp was wat donkies na Knysna aangejaag het.Aanvalle deur Scheepers in Uniondale en Avontuur was vir die mense van Knysna darem net te naby en in 1901 is bouwerk begin aan ‘n fort op ‘n koppie in Knysna. Die fort was amper ‘n middeleeuse kasteel in die kleine met ‘n hoe muur om die binne gebou en selfs twee torings. Dit wat oor is van die fort is vandag in ‘n geslote beskermde area agter die Provinsiale hospitaal. Toe ons die fort besoek het, het ons toegang tot die area verkry tydens kantoor ure deur mooi by die onderhoud afdeling van die hospitaal te vra.Knysna en die Fort het nooit aksie gesien nie en daar is later skertsend na die fort verwys as “Thomsons Folly”. Dit is waarskynlik die mees Suidelike fort in Suid Afrika wat dateer uit daai era.Doen ‘n goeie daad!Hou ‘n plastiek sak byderhand. Waar ook al jy heen ry, stap of waar jy stop, gooi enige rondlê rommel in die sak en los die plek skoner as toe jy daar aan gekom het. Dis iets klein wat, as almal dit doen, ‘n groot verskil kan maak. Doen jou deeltjie en kom ons hou die Tuin roete skoon!Artikel en Fotos: Johann van TonderOorspronklike artikel was in Ultimate Lifestyle Ed.3

Patat, Piesang en Appel Pot

Audi RS4 Avant
I was delighted to be introduced to the latest version of Audi’s RS4, in this instance in Avant form (no saloons any more) complete with a radical change of power unit – no doubt introduced to make emissions targets more accessible – in the shape of a lighter, twin turbo 2.9 litre V6.
Let’s get the Avant bit out of the way immediately. People just aren’t buying saloons anymore and regardless, the Avant format – Audi-speak for a station wagon or more accurately, a sports wagon in this application – has been with us since the revered RS2 emerged. Across Europe and the UK, I estimate more Avants found owners than did saloon versions anyway and as South Africa is not an island, potential buyers will from now just have to go with the flow as it were.
Indeed, the Avant styling with its mildly-sloped rear window and subtly bulging flanks is hardly your average econobox in appearance. It looks sporting, so much so that my neighbour, without any prompting, remarked on what a fine-looking machine was gracing my driveway.
I’m not going to head into huge detail about the kit on board as you can source this via a website but as you’d expect of an expensive steed, niceties such as powered mirrors and windows, keyless entry/start, parking warnings with camera imagery, sunroof, roof rails, fancy LED lighting, phone charge pad, ambient lighting, illuminated outer door handles, Audi Sport pavement lighting and so on are all there, or available.
What matters most with a car like this is the matter of dynamics. This RS4 rides on huge black and polished alloys that are home to 275/30R20 rubber. Surely, you’d think, that’s a recipe for detached fillings! Wrong. By employing the available configurable dynamics, it’s possible to tailor the car’s behaviour to suit the driver’s mood and the prevailing road conditions.
So, for those who want to live at Kyalami or who want to enjoy a more decisive driving environment on smoother surfaces, Dynamic mode brings out all the demons lurking under that shapely bodywork and endows this Audi with the sharpest steering responses I’ve experienced from a wheel embossed with four rings. Most importantly, don’t listen too closely to those who say life will never be the same without that wondrous V8 used in prior models.

This 2.9 litre twin turbo V6, which shares duty with some Porsche models, is near-magical in that it provides sledge-hammer performance and the ability to potter around in near silence when madame starts to complain about the pops and burbles from the back and the snarling but creamy energy release from up front. You see, it has much the same peak power (331kW) as the venerable V8 but turbocharging has extracted much more low rev muscle (600Nm v 430Nm) which is the source of the incredible levels of thrust that are on tap, with virtually no lag, from under 2 000 rpm.
A quick scan on the web reveals that a 0-100km/h time of 3.9s is commonly recorded and that tells you all you need to know about which car to avoid at the lights unless you happen to be driving a 911. While that motor is under load, it produces an intoxicating V6 thrum while the exhausts (in Dynamic mode at least) produce a lovely baritone bark that settles into the smoothest purr you’ve ever heard at idle. Sure, the more-hairy, off-beat burble of the V8 has gone but this new contender lacks for nothing in terms of aural massaging.
Of course, it’s neither possible nor advisable to travel around at full throttle all the time, and this is where the RS4 has another trick up its sleeve. In a more relaxed driving mode, the steering becomes easier, the engine note simply disappears into the background, the 8-speed auto box (with paddle-shifters) flicks seamlessly through the gears, the triple door seals keep wind noise at bay and while the ride is always biased on the firm side, there’s an underlying suppleness that’s most welcome given the minuscule profile of the tyres which can generate roar on coarse chippings.
Truly, butter wouldn’t melt – until that Dynamic mode is selected and Thor makes a grand entrance. It goes without saying that the latest iteration of Audi’s famed quattro system is there to ensure unrivalled traction and grip in all conditions as it goes seamlessly about its work which includes ensuring sensational grip off the line when Launch Control is employed.
This RS4 truly is an all-rounder of immense ability and despite all those horses that can be so easily unleashed in the most controlled manner imaginable, it can also deliver fuel economy figures that belie its performance potential. On motorway runs over 50km, it was easy to record a figure of 9.5l/100km but even in a semi-urban environment, the Audi averaged 12.8l/100km. When pushed however, you can expect a 20-litre jerry can to be drained of its contents in just 100km, but all that accessible get-up-and-go is worth every drop.
I guess the RS4 tends to fly under the radar which is just what a stealth bomber is designed to do, but take my word for it – there is no better holdall on the market at this price level when it comes to blending performance, on-road safety, driving dynamics, practicality and simply outstanding construction standards. It’s time to buy more Lotto tickets.
PRICING AS AT MAY 2019: From R1 211 500
WARRANTY: 1yr unlimited km effectively covered by a full 5yr/100 000km Maintenance Plan
Article: Richard Wiley
This article first appeared in Ultimate Drive Ed.55
Kiden KD125-V
Zontes is one company that seems to be serious about mobilizing South Africa to get onto two wheels. You need to be sixteen to obtain a valid licence, and then you are limited to a 125 cc motorcycle. But, to be honest, the options in this category are fairly limited. Zontes might just have the solution: the Kiden KD125-V.
When I saw the Kiden for the first time, I immediately wanted to ride it. I knew that the 125 cc engine would have a hard time moving my bulk around but I wanted to ride it anyway.

The bike is styled like a Café Racer. It even has those exact words embossed onto the back of the flat seat. It has two traditional coil springs at the back and rubber gators over the front forks to enhance the retro look. The seat is only 760 mm from the ground and is surprisingly comfortable. It flows neatly into a generous 17 litre fuel tank. To round of the retro look, the bike has spoked wheels and round, chrome bar-end mirrors. These are a bit fiddly to adjust but they work well.
The overall build quality of Chinese products have improved a lot over the last couple of years, and the Kiden is no exception. In fact, the Kiden is built in the same factory as its Zontes siblings and those bikes really impressed me. The bike feels well put together and switches and buttons feel solid to the touch. The instrumentation is just one small dial that is minimalistic at best. It packs a surprising amount of information into such a small unit.

The small engine delivers only 10 kW and I do recommend you only stick to urban roads. Here, the little Kiden shines. It can fit though the smallest of gaps and the handling is light and nimble. If you venture out onto a highway, you are quite vulnerable because the top speed is not nearly enough to navigate a highway safely. The bike is equipped with disk brakes front and rear, and do provide enough stopping power.

I can remember, as a sixteen-year-old, eagerly waiting to start my motorcycle journey. So, if you are considering getting your sixteen-year-old a motorbike, then the Kiden is not a bad choice. Zontes offers a 2 year / 20 000 km warranty on the bike and their dealer network is still growing. Yes, he will not be going fast, but at least he will be doing it on a good looking machine.

The Kiden KD125-V sells for R 24 950.

Article & Photos: Brian Cheyne
This article first appeared in Ultimate Drive Ed.55
George Nostalgie # 5 George Landbou Skou
2019 Mazda 3
Mazda se Kodu-ontwerpstyl, wat gestalte gee aan “the soul of motion”-filosofie, plaas nou groter klem op die “minder-is-meer-benadering” waar weggedoen word met gewone aksentlyne en liefs gebruik maak van groter “skoon” oppervlaktes. Die resultaat van die koepee-agtige daklyn en soepele lyne by veral die geronde stert en opwaartse swiep van die agterste kantvensters se ontwerp van die luikrug, is ‘n visuele kragtoer wat selfs die Italianers met passievolle begeerte sal laat kyk.Volgens Mazda is dit egter die kajuit wat die grootste vernuwing ondergaan het. Die binneruim verras inderdaad met ‘n sensoriese ervaring van gehalte en visuele trefkrag. Kajuitontwerp fokus duidelik op ‘n minimalistiese, funksionele en tog stylvolle uitleg terwyl groot klem geplaas is op materiale van hoogstaande gehalte wat uitstekend afgewerk en verpak is. Die resultaat is ‘n klasleidende kajuit met instrumentasieuitleg en ontwerp wat rondom die bestuurder beplan is, soos ondermeer die nuutontwerpte sitplekke, herontwerpte middelkonsole asook die meervlakkige voorpaneel. Ons hou baie van die 3-ring analoog-voorkoms van die instrumententepaneel met digitale inligting. Standaard toerustingvlakke is hoog in die nuwe modelle en sluit in ondermeer sleutellose toegang en aan/afskakel, klimaatbeheer, satelliet navigasie, spoedbeheer asook USB en 12V kragkoppelings. Al die modelle bied ook ‘n stelsel waar inligting op die venster voor die bestuurder geprojekteer word (Heads-Up Display). Die Mazda Connect media- en inligtingstelsel met ‘n groter 8,8” skerm maak sy buiging in die nuwe Mazda 3 en anders as die uitgaande model se raakskerm funksionaliteit, is toegang na die stelsel nou slegs met behulp van ‘n draaiknop op die sentrale konsole by die ratkierie. Die stelsel bied ondermeer Android Auto en Apple Carplay vir slimfoonkoppeling. Die spesiaal ontwerpte Bose klankstelsel in die topmodel verdien spesiale melding.Beide die sedan en luikrugmodelle is beskikbaar met Mazda se Skyactiv-G 1,5 liter of 2,0liter petrolenjins. Terwyl die 1,5liter enjins aandrywing verskaf vir die intreevlak “Active” asook die luukser “Dynamic” en “Individual” afwerkingsvlak modelle, kom slegs die topmodel “Astina” toegerus met die 2.0liter enjin.
Die 1,5liter viersilinder normaal ge-aspireerde petrolenjin lewer 88kW se piekverrigting met ‘n maksimum wringkrag van 153Nm. Amptelike brandstofverbruik word aangegee as 6,0l/100km.Die 1998cc viersilinder petrol enjin in die Astina modelle bied ook nie turbokrag nie en lewer 121kW en 213Nm se pieksyfers met ‘n amptelike brandstofverbruiksyfer wat as 6,3l/100km aangegee word.Aandrywing na die pad is deur die voorwiele by al die modelle. Die intree “Active” is slegs beskikbaar met ‘n 6-spoed handratkas, terwyl die middelvlak “Dynamic” en “Individual” weergawes ‘n keuse bied van 6-gang outomaties of 6-gang handratkaste. Die topmodel “Astina” is egter slegs met ‘n 6-gang outokas beskikbaar.Die 2.0liter Astina is egter ‘n heerlike motor om te bestuur met ‘n onderstel en veerstelsel wat myns insiens nuwe standaarde stel in hierdie segment en ‘n kajuit wat uitstekend geïsoleer is van vibrasies en enjingeraas, danksy Mazda se “G-Vectoring Control Plus” tegnologie by die nuwe onderstel. Myns insiens bied die sedan ‘n selfs meer gesofistikeerde rit as die luikrug, maar die sexy voorkoms van laasgenoemde het my hart gewen. Die handratkas is ’n juweel en die uitstekende ritgehalte en goeie dinamika van die 1,5liter waarmee ons ook gery het, vergoed byna vir die gebrek aan oemf. Ek vermoed egter dat die 1,5liter veel beter by die kus gaan doen.Die 2019 Mazda 3 is ook vroeër vanjaar met maksimum 5 sterre in die gesaghebbende Euro NCAP se veiligheids- en botsingtoetse bekroon.Terwyl die nuwe Mazda 3 visueel tref, beperk die C-pilaar se ontwerp by die luikrug sig na agter. Dit is omtrent die enigste negatiewe kommentaar wat ek teen die nuweling kan inbring, maar dan is die luikrug se ontwerp so treffend dat ek persoonlik daarmee sal kan saamleef. Die ander negatiewe aspek mag dalk die nuweling se prys wees. Met ‘n veel duurder pryskaartjie as die uitgaande model, bied die nuwe Mazda 3 egter luukser afwerking, hoër vlakke van standaard toerusting, beter ritgehalte en paddinamika en is in geheel ‘n veel meer gesofistikeerde voertuig. Boonop seker die mooiste Mazda ooit!Ingesluit by die aankoop van elke nuwe Mazda 3 is ‘n standaard 3 jaar onbeperkte kilometer diensplan, ‘n 3 jaar fabriekswaarborg, ‘n 3 jaar padbystanddiens asook ‘n 5 jaar roeswaarborg. Pryse vanaf R359 900-00
Artikel: Dirk GallowichOorspronklike artikel was in Ultimate Drive Ed.55


