Online Medical Supplies

Business NameOnline Medical Supplies
Business DescriptionA business born to source the best deals on Professional Protective Equipment to safeguard you, your family and business. As our name says, our core business is to supply medical equipment to the Garden Route.
Owner nameJohan Naude
Your website / facebook pageOnline Medical Supplies
Street AddressGiant Castle 8
Street Address Line 2George
CityGeorge
Postal Code6530
We deliverYES
Telephone number0825578552
Emailjohan@advancecc.co.za
Products (list you products)Sanitizers Masks Shields Full Medical P.P.E. Dispensers Infra Red Thermometers Signage Premises Sanitizing * Vehicle Sanitizing *
  

ITS Kacher George

ITS Kacher George 044 870 0048Cnr Nelson Mandela blv and Nywerheid st George Industrial George6539 salesgeorge@its-africa.co.za3 Layer Cloth Masks 3 Layer Surgical Masks Touch-less Thermometers Foam Soap Dispenser Sanitizer Disinfectant Gloves Floor Stand Sanitizing Unit

3 Layer Linen Masks (with filter layer)

Business NameLinen Masks (with filter layer)
Business DescriptionHomemade 3 layer Linen Masks with a polypropylene layer (same material used in N95 masks).
Owner nameElizabeth Biggs
CityGeorge
We deliverYES
Telephone number0798938633
Emailelizabethbiggs93@gmail.com
Products3 layer Linen Masks with a polypropylene filter layer (same material as used in N95 masks). Masks are washable. Various patterns available, plain material available on request. Can be made in various sizes. Prices from R60. Special prices can be given on orders 4 or more masks. Free delivery in George.
 

IMPA Home Western Cape

Business NameIMPA Home Western Cape
Business DescriptionSupplier/Manufacturer
Owner nameDuane Mullin
Your website / facebook pagewww.impa.co.za
Street Address97 Davidson road George
CityGeorge
Postal Code6529
We deliverYES
Telephone number0790488944
Emailmullin.duane@gmail.com
ProductsBACTRO GUARD by IMPA 70% Gel and Liquid hand sanitizer (completely evaporates, NOT sticky) 30ml spray 110ml flat top 330ml 1litre 5litre 25litre refill screw top SABS approved manufacture. Material masks Face Shields Surgical masks Alcohol based, antibacterial surface cleaner etc…

Leadership Insights Episode 13 (Executive Mayor Memory Booysen)

Dr Andy Brough & Dr Dennis Farrell with update on the Garden Route District Municipality in discussion with Executive Mayor, Memory Booysen. Leadership Lessons, Covid19 and Lockdown response as of 12th May 2020.Kind Regards & Chamber Greetings,Ingrid Cronje CEO – George Business Chamber

Thank you Spar!

Love George Network want to thank the owners of Spar at Wellington Square for their contribution. They are supplying the Love George Network with food parcels at a very good discounted rate. 

Love George Network

This is the first of a series of videos that we will be making to tell the public what we as the Love George Network are doing in George, for the people of George who are affected by the Covid-19 pandemic.

Suzuki se S-Presso is nou goedkoopste motor

Suzuki Auto het pas sy nuwe intreevlak-reeks vir Suid-Afrika, die S-Presso in Suid-Afrika bekendgestel, en die goeie nuus vir mense met ‘n beperkte begroting is dat dit nou die goedkoopste model op die plaaslike mark is. Suzuki wys ook dat “goedkoop” en “sakpas” nie “afskeep” hoef the beteken nie en die S-Presso se indrukwekkende lys van standaard toerusting bewys dit.

Die S-Presso is beskikbaar in vyf modelle; drie met ‘n handratkas en twee met ‘n AMT (outomatiese handratkas) en bied ‘n kompakte dog ruim bakwerk. Gebasseer op die HEARTCT-platform van die nuwe Swift en Dzire maak dit die S-Presso lig maar stewig en lei tot beter verrrigting en hantering, minder geraas en die beste passiewe veiligheid in sy klas. Die hele reeks word toegerus met ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding, twee lugsakke en agterste parkeersensors terwyl die meeste modelle selfs oor ‘n trukamera beskik.

Die hele reeks word aangedryf deur dieselfde eenliter-enjin met drie silinders wat 50 kW en wringkrag van 90 Nm lewer. Volgens die vervaardiger is sy gemiddelde brandstofverbruik 4,9 liter per 100 km.

Aan die buitekant is die sportnuts-karakter van die S-Presso duidelik sigbaar. Aan die voorkant is daar ‘n sierroooster met vier gleuwe en ‘n groot S-kenteken, met die kopligte en rigtingwysers aan weerskante. Die swart onderste stamper onder die sierrooster word in ‘n trapesiumvorm in die gekleurde hoofstamper ingetrek om ‘n groter luguitlaat en die visuele indruk van ‘n sportnuts te skep. Die grondvryhoogte van 180 mm is deels te danke aan die 14 duim-staalwiele met volle wieldoppe. Aan die kant is daar fris modderskerms met halfvierkantige wielnisse en die wiele is heeltemal in die hoeke geplaas vir verbeterde padhouvermoë. Daar is ses bakkleure beskikbaar: wit, grys, silwer, blou, rooi en oranje en die deurhandvatsels en buitespieëls is dieselfde kleur as die bakwerk. Aan die agterkant is daar ‘n klein ingeboude lugskort by die agterklap gevoeg terwyl die vierkantige agterligte met hul C-ontwerp tot bokant die skouerlyn geskuif is om die sportnuts-tema nog verder te versterk. Die swart agterstamper se ontwerp is soortgelyk aan dié van die voorstamper en is onder die gekleurde deel aangebring.

Daar is drie spesifikasievlakke beskikbaar. Die GL is die intreemodel en beskik oor standaardkenmerke soos ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding, twee lugsakke, elektriese vensters, agterste parkeersensors, ‘n sentrale sluitstelsel met afstandbeheer, ‘n sirkelvormige instrumentepaneel met ‘n volledige ritrekenaar, lugversorging, ‘n 12 volt-kragpunt, twee luidsprekers, voorbereiding vir ‘n radio en ‘n brandstofvuldop wat van binne af kan oopmaak. Die GL is net met ‘n handratkas beskikbaar.

Die middelste model, die GL+, is beskikbaar met die hand- en AMT-ratkaste. Onder die bykomende kenmerke wat standaardtoerusting vir die GL+ is, is ‘n inligting-en-vermaakstelsel met ‘n seweduim-kleurskerm en Apple Car Play, Android Auto en Bluetooth-verbinding, USB en AUX-kragpunte en ‘n trukamera. Die topmodel in die reeks is die S-Edition, met kenmerke soos silwer afwerking op die middelkonsole, lugversorging-uitlate en deurpanele, silwer invoegsels vir die sierrooster, silwer skermplate voor en agter, syskerms op die wielboë en die onderste dele van die deure. Die syskerms aan die deure word verder beklemtoon deur ‘n groot silwer paneelinsetsel wat die voorste en agterste silwer skermplate visueel met mekaar verbind.

Daar is verskeie bykomstighede by Suzuki-handelaars beskikbaar, onder meer ‘n kleurgepaste sierrooster, ‘n agterste drukvlerk, skermplate aan die kant van die voertuig en skermstroke in swart en silwer of swart en oranje.

Die pryse van die S-Presso-reeks, wat ‘n waarborg van vyf jaar of 200 000km, ‘n diensplan van twee jaar of 30 000 km, ‘n jaar se omvattende versekering en padbystand van drie jaar ongeag die motor se kilometerafstand insluit, lyk só:

S-Presso 1,0 GL-handrat: R 134 900 S-Presso 1,0 GL+ handrat: R 139 900 S-Presso 1,0 GL+ AMT: R 152 900 S-Presso S-Edition-handrat: R 147 900 S-Presso S-Edition AMT- R 160 900

Artikel: Gerrie Smit (Ultimate Drive)

Nuwe Toyota Corolla Sedan

Die staatmaker nou nog beterDie wêreld sonder ‘n Toyota Corolla is omtrent soos ‘n leefstyl sonder rugby en braaivleis, dit is nou in ‘n Suid Afrikaanse konteks. Meeste Corolla eienaars kan hul nie indink aan ‘n lewe sonder hul getroue Corolla nie.Toyota het die Corolla in 1966 bekendgestel en die model het sedertdien wereldwyd gegroei tot ‘n huishoudelike naam. Met die nuwe Toyota Corolla, nou reeds die 12de generasie van hierdie legende in gesinsmotor, het Toyota ‘n nuwe ontwerprigting gekombineer met die suksesvehaal wat geskryf is oor meer as ‘n halwe eeu en verkope wat 45 miljoen Corollas oorskry.Ontwerp en VoorkomsDie nuweling het dieselfde voorkant ontwerp as die luikrug wat laasjaar plaaslik bekendgestel is.Die pylvormige LED hoofligte met dagryliggies geïntegreer wat na die sentraal gemonteerde Toyota-embleem in die sierrooster fokus, trek onmiddelik aandag. Soos die luikrug wat laasjaar plaaslik gedebuteer het, vertoon die sedan modern en sportief danksy ondermeer ‘n kort daklyn en skuins C-pilaar. Die agterste buffer dra by tot die sportief aggressiewe voorkoms met geïntegreerde vinne om die lugvloei van die wielboë te kanaliseer.ModelleDrie modelle is beskikbaar met twee afwerkingsvlakke naamlik XS en XR, waar die XR as die vlagskipmodel dien. Die XR model word eksklusief met die nuwe 2.0 liter enjin toegerus en bied ‘n keuse van ‘n 6-spoed handratkas of 10-gang CVT. Die 1.8L XS model is die intreemodel en kom standaard met 16” allooiwiele en 205-55-R16 bande. Daarteenoor ry die XR modelle op stylvolle 18” allooiwiele met ‘n nuwe “turbiene”-ontwerp en 225-40-R18 bande.Kajuit en ToerustingDie nuwe Corolla se kajuit bied ‘n soortgelyke uitleg en ontwerp as die luikrug weergawe met ‘n ergonomies praktiese uitleg en moderne stilering. Afwerking is met materiale van gehalte terwyl harde plastiekoppervlaktes nou grootliks met ‘n sagte oppervlaktes vervang is, terwyl dowwe aluminium afwerkingstroke die moderne gevoel in die kajuit beklemtoon.Die sedan bied ook blou kontrasterende stiksels wat goed kombineer met die blou agtergrond beligting rondom die skakelaars en in die instrumentepaneel. ‘n Nuwe ontwerp vir die skottelvormige voorste sitplekke, beklee in ‘n moderne sintetiese materiaal genaamd “RezatecTM”, sorg vir ‘n luukse gevoel. Die luukser XR model bied kopers ‘n keuse van sportiewe blou of klassieke grys afwerking.Met Apple CarPlay, Android Auto en ‘n volkleur raakskerm (4,2″ in die Xs en 7″ in die XR modelle) is kommunikasie, rit- en voertuiginligting asook die klankstelsel maklik toeganklik. Klimaatbeheer met ‘n “Eco”- opsie, tru-kamera, elektriese vensters, sleutellose toegang asook elektriese verstelling vir die voorsitplekke sorg dat daar heelwat geriewe vir insittendes is in die nuweling. Die bestuurder sal ook die multifunksionele stuurwiel met skakelaars vir meeste geriefsfunksies gemaklik vind. Die stuurwiel kan op en af, so wel as teleskopies verstel word. XR modelle bied boonop ‘n truspieël wat outomaties verdof.Rit en PaddinamikaDie nuwe Corolla reeks beskik oor ‘n bewese voor veerstelsel wat van MacPherson strutte voorsien is, terwyl ‘n veelskakel stelsel agter ingespan word. Nuut ontwerpte en spesifiek gespesifiseerde skokbrekers voor en agter word gebruik. Hierdie skokbrekers beskik oor nuwe kleptegnologie en word, tesame met doelgeboude kronkelvere wat spesifiek ontwerp is sodat die reaksies maksimaal reageer, ingespan ten einde die beste terugvoer van die stuurstelsel te kry wanneer die Corolla teen middelmatige tot hoëspoed deur draaie gelooi word. Die resultaat is vinniger reaksies van die skokbrekers ten einde die oordrag van skokke vanaf slegte padoppervlaktes, gouer te kan minimaliseer vir ‘n sagter rit. Uiteraard is die algehele resultaat beter hantering en stabiliteit asook ‘n geriefliker rit.Die Corolla se GA-C platform is ook spesifiek ontwerp om ratkasvibrasies te onderdruk. Tesame met die mildelike gebruik van hitte- en geraas-isolerende materiale in die enjinkompartement, word die instrumentepaneel van die nuwe Corolla ook uit drie lae isolerende materiaal vervaardig om enjin en ratkasklanke asook vibrasies te minimaliseer. Alles sodat die kajuit so stil moontlik kan wees tydens ‘n rit.Enjin en Kraglewering Toyota SA het die nuwe Corolla aanvanklik net met twee enjinopsies plaaslik beskikbaar gestel.‘n Normaal ge-aspireerde 1.8-liter petrolenjin is net so oorgedra van die vorige model. Die enjin lewer 103kW en 171Nm en is gekoppel aan ‘n 7- gang “Shiftmatic” CVT ratkas wat met 7 voorafgeprogrammeerde “ratte” krag na die voorwiele oordra.Die tweede kragbron is ‘n nuwe toevoeging, naamlik ‘n 2.0-liter “Dynamic Force”’ TNGA enjin soos wat in die RAV4 beskikbaar is en in die nuwe Corolla groot klem plaas op brandstofbesparing. Ook sonder turbokrag lewer hierdie petrolenjin 125kW en 200Nm wat krag na die voorwiele dryf deur ‘n opsie van ‘n 6-gang handratkas of ‘n 10-spoed “Shiftmatic” CVT. Amptelik word brandstofverbruik vir die nuwe Corolla aangegee as 6.2 l/100 km vir die 1.8-liter model, terwyl die 2.0-liter handrat 6.5L/100km en die 2.0-liter CVT 6.0 l/100 km gebruik.Veiligheid Al die nuwe Corolla modelle kom standaard met sewe lugsakke, ISOFIX, aktiewe elektroniese veiligheidstelsels soos ABS, EBD, BAS, VSC, HAC asook ‘n impak-absorberende bakstruktuur.Die topmodel XR word bykomend toegerus met Toyota se TSS stelsel (Toyota Safety Sense) wat ‘n omvattende stel bestuurderhulpmiddels insluit. TSS sluit onder meer in “Pre-collision system”, blindekol monitor, spoedbeheer en “Lane Trace Assist”. Die XR model kom ook standaard met Bi-LED hoofligte.Vir die bakstruktuur word aluminium, hoë sterkte staal asook ander materiale ruimskoots aangewend, terwyl dunner panele vir die dak en deure gebruik word ten einde heelwat gewig in die nuweling te bespaar wat weer bydra tot beter brandstofverbruik. Met die groter gebruik van sterker kleefmiddels en minder sweislaste het die nuwe Corolla ‘n 60% verbetering in bakrigiditeit bo die uitgaande model wat hoëspoed stabiliteit, hantering en paddinamika asook stuurgevoel en terugvoer grootliks verbeter.Ook die enjin en die sitplekke is laer gemonteer en dra dit ook by dat die nuwe Corolla se sentrale gravitasiepunt 10mm laer is as die vorige model. Dit help vir beter stabiliteit en bestuursdinamika op die pad.Modelle en Prys Corolla 1.8 XS CVT – R 372 700Corolla 2.0 XR 6MT – R 412 300Corolla 2.0 XR CVT – R 425 200Waarborg en Diens Alle Corolla modelle word verkoop met ‘n 90 000km/6 dienste diensplan met ‘n diensinterval van15 000 km/12maande. ‘n 3 jaar/100 000 km waarborg is ook ingesluit.Article: Dirk Galowitz (Ultimate Drive)

Urgent need for masks

LoveGeorge – call to everyone that can donate cloth face-masks to the clinics. If you cannot help making the masks please make a cash deposit to enable us to fund mask-making. If you have an easy pattern please post in the comments below. Drop-off @ Shofar Church, 4 Commercial Close, George; Between 8:00-13:00; Weekdays. Your cash donations: Love Garden Route NPC (2018/544129/08) Account number: 10 11 022 552 8; Standard Bank Branch: George; Branch code: 051001; Swift address: SBZA ZA JJ. Remember to mark it for: MASKS