Integrated approach to keep CBD clean and safe
Interview with a Tax Practitioner, Sharon Terblanche
- Keep all your expense slips electronically as till slips tend to fade.
- Don’t try to take shortcuts, follow the letter of the law to avoid tax mishaps.
- SARS does not accept “I did not know” as an excuse.

BAIC B40 Plus
Toe die Japanese vervaardigers in die vorige eeu met hul “Jap Scrap” die plaaslike motormark betree, was dit ‘n opdraende stryd om markaandeel en harte van die koperspubliek te wen. Dit het dekades geneem, maar vandag is Japanese voertuie van Suid Afrika se top verkopers.
Heelwat later, toe die Koreane hier opdaag het hulle eweneens gesukkel, maar ook hulle het die stryd gewen, en die keer het dit nie dekades geneem om in te haal nie.
Meer onlangs het die Chinese ons mark betree. Oudergewoonte was mense skepties. Maar kyk hoe fluks verkoop hul voertuie reeds. Die Haval Jolion is een van SA se topverkoper voertuie. ‘n Sjinees! Die tyd wat jy met ‘n veralgemening alle voertuie van ‘n spesifieke oorsprong kon afmaak, is verby.
Nog ‘n Chinese vervaardiger, BAIC, het nou ook tot ons mark toegetree. En die tipe belegging wat hulle in SA maak wys hulle is hier om te bly. Daar is ‘n reuse aanleg gebou in Kouga, ‘n aanleg so groot daar is kapasiteit vir 50 000 voertuie per jaar. Dis nie kinderspeletjies nie. Die BAIC groep (Beijing Automotive Industry Holding Co., Ltd.), een van die Top 5 motorvervaardigers in Sjina, is in staatsbesit en het samewerkings ooreenkomste met ondermeer Mercedes en Hyundai (daar is blykbaar ook planne om ‘n sportnuts, soortgelyk aan ‘n ix35, in 2022 plaaslik bekend te stel).
Die voertuig op die bekendstelling was die B40 Plus, ‘n doelgerigte viertrek wat baie ooreenkomste toon met ‘n Jeep Wrangler Sahara. Die ligte en sierrooster is dalk anders, maar die groot grendels op die deure en selfs die manier wat die dak af haal is baie eenders as die Jeep. Die groter B80, wat moontlik ook in 2022 sy buiging maak, trek weer baie na die G-Wagon.
BAIC bou viertrek voertuie vir die Chinese weermag, so die voertuie en tegnologie is goed getoets. BAIC het selfs die Dakar veldren aangedurf met drie voertuie en al drie het die ren voltooi – in 13de, 14de en 15de plek! Die B40 Plus is die burgerlike weergawe van die voertuig wat hul weermag gebruik, amper soos die Hummer en die Humvee in die VSA.
Onder die enjinkap is daar twee opsies. ‘n Tweeliter turbo-petrol of ‘n tweeliter turbo-diesel. Die petrol enjin lewer ‘n skaflike 160kW en 320Nm en is gekoppel aan ‘n seepgladde ses-spoed outokas. Die diesel lewer 110kW en 350Nm en is gekoppel aan ‘n ses-spoed handrat. Die B40 is gebou op ‘n leerraam platvorm met 210mm grondvryhoogte, terwyl die laestrek ratkas verklap dat hierdie nie net ‘n Sandton sypaadjieklimmer is nie.

Met die naderstap is dit duidelik dat hierdie ‘n robuuste en goed geboude voertuig is. Swaai die swaar deur oop en die binneruim verras. Dis luuks! Mens voel sommer tuis as jy inklim. Dit voel bekend. En dan tref dit jou. Dis ‘n Mercedes binneruim! Die samewerking gaan duidelik verder as net belegging. Die aansitter-knoppie lyk soos die Mercedes E-Klas, die luginlate is duidelik A-Klas en so gaan dit aan. Dis ‘n baie gemaklike plek om te wees. Koppel jou foon, speel jou gunsteling musiek en vat die pad. Ek het eerste koers gekies na die viertrek baan waar ons deur water, oor los klip en sand, gate, heuwels en artikulasie gate gery het. Een hand op die stuur, lied in die hart, die automatiese petrol model maak maklik korte mette van enige hindernis. Dis ampet té maklik! En net toe ek nou goed selfvoldaan is, toe ry ek dieselfde roete met die handrat diesel. Dit het meer tyd geneem om gewoond te raak. Om die regte rat te hak moet jy oplet, die kierie gly nie outomaties in die regte rat noodwendig in nie. Voeg daarby ‘n bietjie turbo-traagheid en jy kan in te ‘n hoë of lae rat met te veel of min krag op ‘n kritieke tyd baie minder vaardig lyk as netnou met die turbo petrol. Tog, dit het nie lank geneem om dinge onder die knie te kry nie en om die baan te voltooi waar jy “self” moet ry was amper meer bevredigend as met die outo-model. Die belangrike deel – almal het hulself heeltyd geniet. Hierdie is nou ‘n speelding vir grootmens-kinders by uitstek!
Op die ooppad was die rit gemaklik genoeg as mens in ag neem dat ‘n leer-raam voertuig altyd pad gemak sal prysgee vir viertrek vermoë. Die B40 Plus het wel ‘n teenwoordigheid en ‘n taxi sal nie sommer voor jou ondraai nie. Daar is drie spesifikasie vlakke (B40 Plus, B40 Plus City Hunter, B40 Plus Champion) en ‘n veskeidenheid kleure met veral die helder blou en militêre groen wat die aandag getrek het. Die B40 Plus intree model het uit die staanspoor goeie spesifikasie. Die City Hunter kry stelsels soos ESC, EBD, glip-beheer en heuwel wegtrek-hulp by. Die Champion kry ‘n leer binneruim en ‘n elektries verstelbare sitplek.

Ons tyd met die BAIC was beperk maar die eerste indrukke is goed. As gefokusde viertrek is dit ‘n nisvoertuig so dit sal (soos ander in die segment) nie in groot volumes verkoop nie maar vir die koper wat so doelgerigte voertuig soek bied die BAIC ‘n goeie alternatief. Veral in aggenome die intree prys van R549 500, paar honderd duidend minder as sy konkurente. Die Auto Petrol City Hunter sal my model van keuse wees, maar volgende jaar sal daar blykbaar ook ‘n agtspoed outokas as opsie bykom.
Met die B40 Plus het BAIC gewys hy bring kwaliteit produk na die mark en selfs al is van die stillering by hul venote geleen, ‘n Mercedes binneruim was nog nooit ‘n slegte plek om te wees nie. Ons sien uit om te sien wat BAIC nog na die mark gaan bring want dis duidelik ‘n ernstige speler wat gekom het om te bly.
Good news for Bikers!
If you live in the Garden Route and love biking, you are in for a treat during 2022!
After the huge success that was the Cape Adventure Bike Challenge, sponsored by Garden Route Motorcycles both in 2020 and 2021, it was decided to expand the motorcycling events in the Southern Cape.
The Cape Adventure Bike Challenge will be retained as flagship event, hosted over the same long weekend in September, while other smaller events and challenges will be added to the calendar to keep the local bikers busy and looking forward to some great prizes all year. And while the Cape Adventure Bike Challenge is very much focused on Adventure Bikes, the other challenges and events will include bike types that are limited to tarred roadways, too.
The aim of the events and challenges is to get bikers to do what bikers love most: get out there and ride. Challenges will include a passes challenge, distance challenges, mystery and other themed rides taking bikers to places and venues right in our own backyard that they might not even have known about. The prizes are nothing to sniff at either and include everything from biking-related products to all expenses paid weekends away.
The program will kick off in January 2022 and run for the duration of the year. It’s is hoped that the most popular challenges will become annual events.
Keep your eyes on the GRM Facebook Page – the January challenge details to be revealed soon!

Electrical theft results in death and serious injury
The horse has bolted – 2021 George Municipal Election results. What now?
SOUTH AFRICAN ELECTIONS 2021 – A gradual shift to a shared future
- Johannesburg at – ANC 36.3%, DA 31.4%, EFF 12.2%, ActionSA 9.4%.
- Ekurhuleni at – ANC 39.3%, DA 29.8%, EFF 12.8%, ActionSA 6.3%.
- Tshwane at – ANC 34%, DA 34.3%, EFF 12% ActionSA 6%.
THREE POINTS TO CONSIDER IN A POST-ELECTION SOUTH AFRICA
By Mike Burnard – Analytical strategist at dia-LOGOSFor those who expected a more drastic change in local and national government, the outcome of the elections might be disappointing. But there are three points to consider when analysing the results- In Africa, sudden political shifts are never conducive to peaceful transitions. We need gradual movements of change to secure peaceful transitions and fortunately, this election secured just that. The ANC has gone from 65% in 2005 to 62% in 2011 to 54% in 2016 and now a predicted 46% in 2021. This is a healthy trend in a maturing democracy and as Christians, we should rejoice that God is dealing gently with us as a nation. Never be disheartened by gradual change. God has His ways and His time, and we should rejoice in that
- Patience is a good virtue ONLY if exercised with perseverance and continuity. All South Africans now need to build patiently on this platform of democracy for a better and a shared future. We cannot stop now, and we dare not lose hope. For those who did not get who they voted for, rejoice that you were able to participate in an event that celebrated your freedom, not your victory. Nearly all countries on Earth call themselves democracies but according to the best metrics we have, only 86, or 44% of them, meet the standard required for democratic participation. South Africa is one of them – count your blessings.
- Let’s not waste the lessons we’ve learnt from a painful past. Reconciliation is now more achievable than ever before. Let’s not get side-tracked by those who seek to promote agendas and personal egos. Let us, therefore, remember these words of Paul: 2 Corinthians 5:19-20 that God … has committed to us the message of reconciliation. We are therefore Christ’s ambassadors, as though God were making his appeal through us.







