New Drive Through Motor Vehicle License Service available soon
In-plug Bug!
Die Meyers Manx Duinebesie herleef.
Vir die eerste keer in vyftig jaar bring Meyer Manx weer ‘n nuwe voertuig uit. Die ikoniese “Beach Buggy” van die Sestigs keer terug as die Meyers Manx 2.0, die keer ‘n vol elektriese voertuig.Die oorspronklike Duinebesies was gebou op die onderstel van ‘n VW Kewer en was uiters gewild in die jare Sestig. Die maatskappy het ongelukkig gevou in 1971, maar die oorspronklike eienaar het dit terug gekoop in 1999 en dit toe meer onlangs in 2020 weer herverkoop aan Trousdale, ‘n waagkapitaal-firma in Kalifornië.
Die nuwe Meyers Manx 2.0 prototipe is pas bekend gestel en anders as die ID Buggy wat Volkswagen self gebou het, is die Meyers Manx 2.0 bestem vir vol produksie. Die nuwe voertuig word nie op die onderstel van ‘n ander voertuig gebou nie, maar is ‘n voertuig in eie reg, ontwerp deur Freeman Thomas wat ook die Audi TT en nuwe VW Beetle ontwerp het.Daar is tans twee battery opsies, 20kWh en 40kWh, met ‘n reikafstand van tussen 240 en 500km. Die syfer klink optimisties, maar as mens in ag neem dat die twee modelle onderskeidelik slegs 680kg en 750kg weeg, kan mens dink dat dit dalk moontlik mag wees. Die Meyers Manx 2.0 word aangedryf deur twee elektriese motors agter en die 40kWH weergawe kan versnel van 0 tot 100km/h in 4,5 sekondes!
Daar is geen deure of ruite nie en die dak kan af, maar hy sal dan by die huis gelos moet word. Daar is ‘n bagasie ruim agter, maar soos die voertuig kan dit nie sluit nie. Daar is ook ‘n bagasie ruim voor wat die spaarwiel en enkele gereedskap huisves.Soos met die eerste prototipe Duinebesies van die jare Sestig, gaan 50 eenhede gebou word in 2023 en aan mense uitgegee word vir navorsing in regte-wêreld toestande. Produksie sal dan begin in 2024. Daar is nog nie aanduiding van pryse nie, maar dis ‘n klein voertuig met ‘n klein battery, so hopelik sal dit redelik bekostigbaar wees sover dit elektriese voertuie aangaan. Dis onbekend of die Meyers Manx 2.0 buite Kalifornië beskikbaar sal wees.

BMW K1600 GT
“Maar is dit nog ‘n motorfiets?” Dis tong in die kies gevra, maar tog ‘n vraag met meriete. Die nuwe BMW K1600 GTL is groot en bied inderdaad amper al die luukses wat ‘n motor bied, plus ‘n heelwat groter sondak! Met twee ekstra wiele kon die motorfiets dalk selfs deurgaan as ‘n afdak 3-Reeks.
Die BMW K1600-modelreeks is BMW se vlagskip toerfietse. Vier modelle is beskikbaar, die GT met sytasse, die GTL wat ‘n top-boks byvoeg, die “B” vir Bagger, ook met sytasse maar meer in die Ameriaanse styl en laastens die Grand America. Daar is ander klein verskille. Die GT is byvoorbeeld meer dinamies, terwyl die GTL toer-gefokus is, maar grotendeels deel die modelle dieselfde resep. Ons toetsmodel was die K1600 GT. Die motorfiets ontwerp en gebou om die ryer, dis die afleiding wat mens maak na jy vinnig 500km kaf gedraf het. Die ryer sit in eerste klas heerlik regop op ‘n gemaklike, sagte sitplek, sonder windgeraas of ongemak en kyk hoe die wêreld moeiteloos verby gly.

Die BMW K1600-reeks word aangedryf deur ‘n massiewe inlyn-ses enjin. Die ses silinders, wat voldoen aan EU5-staandaarde, stoot ‘n tamaai 118 kW en 180 Nm uit. Dis dus nie moeilik om jou in die verkeer te bevind omring deur motors met kleiner enjins wat minder krag lewer nie. Waarskynlik minder luuks ook, want die BMW bied als van handvatsel en sitplek verwarmers, GPS navigasie, radio met luidsprekers (hard genoeg om in jou valhelm te kan hoor) en Bluetooth koppeling vir valhelms met die opsie, sodat jy alleen na die musiek kan luister, jou foon kan antwoord en moeiteloos met jou passasier kan praat. Daarby is daar ‘n rits modusse waarmee jy die karakter van werkverrigting kan stel van baie sportief tot baie gemaklik. Terloops, selfs die vering kan gestel word, sommer so in die ry. Voeg daarby ‘n ritrekenaar wat alles en nog wat uitwerk, van brandstof verbruik, tot gemiddelde spoed en oorblywende reikwydte. Al die inligting is op die punte van jou vingers met besonders gebruikervriendelike skakelaar en ‘n rol-muis op die handvatsel by jou linkerhand, jy hoef dus nooit jou hande van die handvatsel te verwyder om al die funksies te gebruik nie. Daar is selfs ‘n trurat, nes ‘n motor, want teen 350kg is die monster van ‘n motorfiets nogal ‘n handvol om uit ‘n parkering te maneuver.

Die beste eienskap is egter dat dit nie ‘n motor is nie. Al bied die K1600 GTL jou al die luukses van ‘n motor, bly dit ‘n motorfiets en ‘n ratse een daarby. Die fiets lyk groot en is swaar, maar as die wiele eers begin rol verdwyn die gewig en voel die fiets so vlugvoetig soos ‘n prima ballerina. Daar is hope krag en op die lang pad kan jy op rat na sesde, die spoed beheer aanskakel en letterlik op golwe van wring kyk hoe die dorpe verby gly. Ry jy deur ‘n pas kan jy die fiets bietjie rondgooi in laer ratte, maar wees versigtig, want 118 kW op ‘n motorfiets beteken dat die krag tot gewig verhouding massief is. Jy kan anderkant 200 km/h gaan kuier reeds in vierde rat, so vyfde en veral sesde rat is lang ratte, perfek om die lang pad teen lae toere aan te vat. En die GT doen dit moeiteloos want 70% van die 180Nm wringkrag is reeds vanaf 1500 toere beskikbaar.

Tydens ons evaluasie tydperk het ons verbruiksyfers van tussen 5 en 6 liter per 100km gesien. Dit beteken dat die 26,5L brandstof tenk ‘n reikwydte van meer as 400km bied, mits jy nie té entoesiasties ry nie. So, laai daai tasse, laai jou passasier en gaan verken ons pragtige land. Hierdie is naby aan die top punt van ‘n toer ervaring. In ‘n motor kyk jy deur ‘n raam na die buite wêreld wat soos ‘n fliek verbygaan. Op ‘n motorfiets voel jy soos die ster in daai fliek.
Die BMW K1600-modelreeks se pryse is as volg:
K 1600 GT | vanaf R353,300 |
K 1600 GTL | vanaf R361,950 |
K 1600 B | vanaf R400,400 |
K 1600 Grand America | vanaf R463,500 |


‘n Veiling Ervaring.
Die gewag vir ‘n “Bargain”!
Artikel: Carina BurgerDis ‘n vreemde ding, ‘n veiling, as jy nie daaraan gewoond is nie. Dis ‘n samekoms van mense, van alle oorde van die lewe, wat almal die selfde items wil kom koop en elkeen hoop hulle kry hom vir ‘n “bargain”!
OK, almal wil nou nie noodwendig presies dieselfde ding koop nie, maar almal, sonder uitsondering, is op die uitkyk vir ‘n winskoop. Dis ‘n miernes van bedrywigheid voor die veiling begin. Items word bekyk en deurgestap, alles van meubels en antiekhede tot kuns, motors en bote, somme word gemaak en registrasies word gedoen.
Ek is daar vir die wiele. Daar is paar voertuie wat die oog trek. ‘n Mercedes SLK Kompressor, 2005 model, slegs 159 000km. Die dak kan wegvou. ‘n 2014 VW Polo, vol diens rekord. Ek hoor iemand sê hulle gaan hom probeer optel vir R50 000. R50 000! Kan mens nog ‘n netjiese motor koop vir R50 000? ‘n Polo nogal. Tussen al die motors staan ‘n 2007 Hilux. Gemiddelde toestand, meer as 200 000km, die bakkie het al gewerk. Maar die bakkie blyk die ster van die veiling te wees. Daai Hilux, almal wil hom hê. Net ander kant hom staan ‘n 2017 VW Jetta. So mooi witte met 114 000km. Die kar is werklik netjies met ‘n vol diensrekord. My oog vang ook ‘n lekker toegeboude waentjie. Die boot langs hom egter, die se eienaar moet verkoop. ‘n 5m Wildcat Rubber Duck, alle sertifikate en lisensies op datum, waentjie ingesluit. Geen reserwe prys. Nee wag, ek is hier vir ‘n motor. As ek by die huis aan kom met ‘n rubber boot sal ek nooit die einde hoor nie!
Die veiling begin. Dis nogal ‘n opgewondenheid vir ‘n groentjie soos ek. Die pryse styg vining en jy moet kop hou by watter lot hulle nou trek. Moet ook nie vir iemand aan die ander kant waai nie, voor jy weet is jy die eienaar van die huidige lot. Net nie dit nie!
Hier gaan iemand ‘n bargain koop. Een van die Polos, die SLK, of selfs daai Jetta. Almal weet dit gaan winskope wees, maar moet jy nou jou geld blaas voor die Hilux op kom en dan het jy dalk te min? En onthou, die kommissie moet nog by kom. Die eerste bod op die 2016 Polo 1,6L word ingesit. Dit klim fluks en stop dan skielik. R67 500! Vir die eerste keer… Wat? Sjoe! Dis goedkoop. Vir die tweede keer… Moet ek? Moet ek nie? Toegestaan! Die koper glimlag tevrede. Hy het vandag sy winskoop gekry. Dis seker. ‘n 2014 Peugeot GTI volgende. Die word ook vir ‘n winskoop verkoop. R65 000. Die SLK lok lekker belangstelling. Wie wil nou nie ‘n sportmotor ry nie? Die mense bie fluks, tot op ‘n punt. R85 000. Vir die eerste keer. Vir die tweede keer… Toegestaan! ‘n SLK Kompressor vir R85 000. Niemand sal my glo nie. Maar die manne hou terug. Daai Hilux wag. Die Jetta is volgende. Daar is minder belangstelling as wat ek verwag het. Ek bie, maar die nuwigheid laat my maag draai. Opgewondenheid. Aanvanklik bie drie van ons, maar een kêrel val vinnig uit. Nou is dit ek, die ander man en die Jetta. Voor ek my oë kan uitvee val hy ook uit. My bod is op R105 000. Vir die eerste keer… Vir die tweede keer… Toegestaan! Ek het ‘n netjiese 2017 VW Jetta met min kilos gekoop vir R105 000! Ek kan my geluk nie glo nie.
Die res word in ‘n japtrap van die hand gesit, maar ek stel nie meer belang nie. Ek het my winskoop gekry. Die 5m Rubberduck met ‘n 100hp Mariner enjin het gegaan vir R14 000. En die Hilux? Hy is verkoop vir R170 000. Suid Afrikaners is mal oor ‘n Hilux.
Veiling voertuie verkoop:
Nissan NP300 DC Diesel – R80 000
2016 Isuzu Ext.Cab 4×2 Petrol – R160 000
2008 Corsa Bakkie 1,4 Petrol – R58 500
2014 VW Polo Petrol manual FSH – R 65 000
2002 Merc C320 2L Petrol Auto – R32 500
1996 Mazda Rustler – R25 000
2001 Colt DC 2,4L Petrol – R32 500
2005 Merc SLK Petrol Manual – R85 000
2014 Peugeot GTI 1,6L Petrol FSH – R65 000
2011 VW Polo 1,4L Petrol – R 67 500
2017 VW Jetta FSH – R 105 000
2012 VW Polo Gti 1,4L – R 110 000
2016 VW Polo 1,6L Auto – R67 500

Plett’s New Mountain Bike Park, A Cut Above The Rest
We wound through valleys of canola fields near Swellendam and if you consider its limited capacity of 85 kW and 185 Nm, the 1.2-litre turbo didn’t disappoint when it came to power and overtaking. We had the continuously-variable automatic transmission (CVT) that did the job adequately, while a 6-speed manual gearbox is also an option. However, what I really loved about the C-HR is how grounded and stable it felt on the road and especially when it came to steering and cornering. There was none of the twitchiness that you could find in a sportier vehicle.
After spending the night at Sky Villa Boutique Hotel, we were itching to try out the mountain biking routes with trail builder Johan Vorster of Trail Lynx. I felt as deflated as my mountain bike tyre, as we’d accidentally left our pump behind (a mistake we’d never made on any of our mountain biking trips before). As thoughts crossed my mind of missing out on what I’d come here to do, another journalist saved the day with a pump that he’d brought. A few minutes later we were ready to ride.
At this point there are four mountain bike trails with more to come. Johan and the owners of Sky Villa – a sumptuously decorated five-star boutique hotel with incredible views – have been working closely with conservationists to identify species on the property and to build trails in a manner that helps ‘protect and rehabilitate the pockets of coastal and shale fynbos, as well as certain tree species’ forests.’ Its important that the trails are integrated into the landscape in a sustainable manner.
Johan envisages this as a ski-run concept with multiple shortish downhill runs on machine-sculptured trails from two apexes that cater to different skill levels. The next phase of development includes the building of some fun gradient ‘view-filled’ climbs but in the meantime we ascended the hill via a jeep track. From here we crossed a grass patch at the top of the hill, made our way across some decent singletrack before we began the Lilo descent, which Johan describes as ‘fast and floaty.’ The Lilo trail provided a relaxed and fun ride, but the more technical Wanderlust downhill track with some tighter berms was my favourite.
While it’s easy to spend a good few hours riding here,with glimpses of the ocean at various points on the ride, the property has lots of potential for more trails. The long-term plan for Sky Park includes the construction of a skate park, a UCI-grade pump track and other bike-related facilities at a communal hub situated at the entrance to Sky Park, opposite the popular Old Nick Village. In addition to the mountain bike trails, there will also be some separate running and hiking trails. The vision is to provide a host of opportunities for youth and families to get outside and enjoy nature and adventure-sport activities in a safe and environmentally-friendly environment.After the ride and a shower, some of the braver souls in our group went for a mid-winter dip in the pool. The rest of us recharged in the tranquil setting at Sky Villa before enjoying sundowners and a meal overlooking the bay.
Before heading home the next day, we took the bikes to the nearby Cairnbrogie trails situated near the Plettenberg Bay airport and not far from the well known Harkerville trails (which join Carinbrogie). After an enjoyable ride on the edge of the ocean we hosed the bikes down at Cairnbrogies bike-wash facility before putting them back into the Toyota C-HR.The drive home was just as pleasant and we enjoyed being in such a stylish carriage. While opinions are divided about its aggressive lines, I love everything about the C-HR’s design. The 2022 Luxury model has the added attraction of 18″ directional alloy wheels and the LED headlamps which help enhance its looks. The inside styling is also top-notch on this flagship model and although the 4.2″ Multi-Information Display has limited functionality, it does have a rear-camera display, which is very useful.All-in-all, whether on four wheels or two, we’d had a magnificent weekend exploring Plettenberg Bay and look forward to returning to experience Sky Trails and Sky Villa again.Article & Photos: Elise Kirsten @elisekirstenRoad Upgrades in George
Wenke vir Kombuis
- Om hoendervleis sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie suurlemoensap oor voordat dit gaargemaak word.
- Om vleis sag te maak wanneer jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by.
- Smeer asyn en sout aan vleis. dit versag die vleis en sal verhoed dat die dit gou bederf.
- Spek sal nie omkrul as dit in kookwater gedoop word voordat dit gebraai word nie.
- Sprinkel ‘n bietjie sout in die braaipan om gespat te voorkom. Plaas ‘n vergietter onderstebo oor die pan sodat stoom kan ontsnap maar vet nie uitspat.
- Strooi fyn gemmer oor gebraaide vark vleis – dit gee ‘n heerlike geur.
- Taai vleis kan saggemaak word deur vooraf bakpoeier oor te sprinkel.
- Vir geurige vaktjops, rol elke tjoppie eers in fyngedrukte Corn Flakes of brood krummels voordat dit in olie gebak word
- As kerrie te sterk gemaak is, voeg ‘n bietjie suurlemoensap by.
- As vleis aangebrand het, voeg bietjie melk daarby en kook weer. Dit neem die brand smaak weg.
- Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.
- Doop wors in kookwater voordat jy dit bak, dan sal dit nie oopbars nie.
- Draai vleispasteitjies in botterpapier toe voor jy dit bak. Dit hou die korsies sag.
- Gooi ‘n teelepel water by wanneer jy maalvleis braai. Dit help om die vet uit die maalvleis te kry.
- Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak.
- Gooi vars melk oor gebrande vleis om die brandsmaak te verminder.
- Maak die smaak van ‘n kerriegereg anders deur ‘n fyn gekapte nartjieskil by te voeg. Droog die skil uit deur dit in die yskas te bêre.
- Moet nooit braaivleis met ‘n vurk steek wanneer jy dit op die kole omdraai nie, gebruik eerder ‘n braaitang.
- ’n Bietjie asyn in die olie verhoed dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan.
- ’n Heerlike manier om ‘n varkboud gaar te maak is om ‘n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie. Bak die vark boud tot net so ‘n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur. Die sous van die vark boud en die Coke meng dan om ‘n heerlike sous te maak.
- Natuurlike jogurt is ‘n natuurlike vleissagmaakmiddel. Sit biefstuk of hoender in joghurt en los vir 8 ure in die yskas.
- Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat jy dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak.
- Braai pap gekookte pasta in ‘n pan met olyfolie tot dit effens harder is.
- Gooi sop wat aangebarnd het dadelik in ‘n ander pot – niemand gaan agterkom dat die sop gebrand het nie.
- Vir kos wat na brand ruik of kos wat te sterk is sit n droeë sny brood op kos plaas deksel op en laat staan vir ten minste 30 minute. Die brand reuk en die sterk smaak van kos trek in die sny brood.


