MASKERS VAN DIE HART

0
897

Ek deel vandag ‘n gedeelte uit my boek,
Van Ashoop tot Oorwinning
Hartsake in “Lockdown” Tyd
So ‘n belangrike boodskap vir almal om ter harte te neem.

‘MASKERS VAN DIE HART’

Ek sit op my sitkamerbank en lees so deur die “deesdae” se allerdaagse nuus. Covid19 het mos maar in baie gevalle die hoofonderwerp van ons “deesdae” geword, hartseer maar waar.

Ek is ‘n lid van ‘n Facebook blad wat baie lede het en ek moet in alle eerlikheid sê dat my mond soms oophang vir die lelike kommentaar van sommige mense wat deurskemer. ‘n Paar weke terug sou ek net verby geblaai het, maar nou gaan lees ek so bietjie. “Hoekom juis nou?”, sal jy dalk vra. ‘n Paar weke terug kon ek nie die lelike negatiewe dinge so lekker hanteer nie. Die nuwe omstandighede het my so bietjie van my voete afgegooi en ek was vir ‘n “gelukkig kort tydjie” aan die ‘depro’ kant. Ek lees nou die kommentare want ek kan mense se harte in hul woorde sien. Wil jy die goeie of slegte nuus eerste hoor? Is jy al daai vraag gevra? Ek sê gewoonlik: “Gooi my maar eerste met die slegte.” So, kom ons begin met die slegte nuus. Selfsug is ‘n lelike ding, dit is vernietigend en veroorsaak onmin waar dit gaan. Die teenoorgestelde van selfsugtig is onselfsugtig.

“The definition of selfless is being more concerned with the needs of others than with your own needs. An example of selfless is a mother’s devotion to her child causing her to always puts the child’s needs first, before her own”, aanhaling geleen vanaf Google.

Die woord van God waarsku ons teen selfsug en dat ons liefde vir ander dieselfde moet wees as die liefde vir onsself. Hier kom nou weer ‘n “ondersoek jou eie hart” vragie? Hoe lief is jy en ek vir onsself as ons ander so behandel? Weet ons dan werklik wat liefde, God se liefde is? God se liefde is onvoorwaardelik, en ‘n opoffering van jouself en jou gemak. Jesus het Sy lewe gegee vir jou en my en dit was definitief nie gemaklik om aan die kruis te hang nie, maar Hy het dit gedoen om jou en my te red. Ons moet net ja sê met ons mond en glo met ons hart. Wanneer ons ja sê vir Jesus is daar nie plek vir selfsug en ‘die wêreld draai net om my’ nie? Is jou en my geloof dalk dan net lippetaal?

Afrikaans 1933/1953 ROMEINE 13:8-10 WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ’n ander liefhet, het die wet vervul. Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.

Dis harde reguit vrae wat ek vandag vra? Ek vra dit omdat ek self daar was. Ek het ‘n “masker” oor my hart gehad en dit was my eie klein wêreldjie agter daai masker. In my baie donker depressietyd het die wêreld net om my gedraai. Ek het nie gesien wat my toestand en optrede aan my familie doen nie, maar toe Jesus my oë oopmaak vir ander se leed en seer, toe sien ek raak wat die depressie aan Manlief, Liefiekind en Moederlief doen op daardie stadium. Hulle het ook gely maar net op ‘n ander manier. Die goeie nuus is dat Jesus nie aan die kruis bly hang het nie. Hy het opgestaan en het vir jou en my oorwinning oor die dood gebring. Laat toe dat God die “masker van jou hart” verwyder. Laat toe dat God jou hart vul met Sy liefde want dis wie HY IS.
Deur God se liefde vir jou en my, kan ons ander lief hê, ‘n onvoorwaardelike, onselfsugtige liefde wat ander voor jouself stel.

God, Ons Vader…
Ek kom vandag in nederigheid met ‘n smeekgebed na U toe. Ek vra dat U asseblief mense se harte sal aanraak om U liefde te ervaar sodat hul inkyk die uitkyk van hul lewe kan verander. Verwyder asseblief die maskers van ons harte af sodat ons kan omgee soos U omgee, soos wat U lief het, soos wat U onselfsugtig en barmhartig is. Dankie dat U ‘n God van onvoorwaardelike, onselfsugtige liefde is. Leer ons asseblief om meer soos U te wees. Ons eer U, ons loof U en ons prys U Heilige Naam. Amen.

Raak stil vandag. Trek bietjie ander se skoene aan en vra dat God die masker van jou hart sal verwyder om met empatie die hart van ander raak te sien. “WE ARE THE CHANGE THAT NEEDS TO HAPPEN!!!!!! Please open the eyes of our hearts, Lord.”

Blessings en Jesusliefde
Mariska

“The unselfish effort to bring cheer to others will be the beginning of a happier life for ourselves.”
Helen Keller

To handle yourself, use your head; to handle others, use your heart.
Eleanor Roosevelt

Van Ashoop tot Oorwinning
Hartsake in “Lockdown” Tyd
2020 © Mariska Kemp

Kontak Mariska gerus by 083 6925519 indien u ‘n bestelling wil plaas.
Ook beskikbaar by PNA in Oudtshoorn en George.

Volg Mariska op FACEBOOK