George Nostalgie: Francois Germishuys

0
661

Opgedra aan: Francois Germishuys

11 April laat middag kom ‘n boodskap deur van Francois, “Hi, is jy ok? Hoe voel jy?” ek antwoord hom en sê “operasie was ‘n sukses, ek voel net moeg en bietjie seer, Francois skryf vir my ‘n storie asb”. Nie lank nie en hy stuur vir my ‘n storie. Hy vra my om een te skryf en ek het belowe ek sou, maar daardie geleentheid het nooit gekom nie. Francois hier is jou storie nou en ek eer jou my vriend.

My storie: Die legende Francois Germishuys

As ek ‘n sagte diep mens kan beskryf is dit Francois, sy liefde vir mense en natuur, sy liefde en passie vir motorsport, vliegtuie en fotografie, sy stil wees en verlore raak in skryf kuns en musiek. Ek luister na mense en wat hy vir hulle beteken het en almal het gesê sy barmhartigheid, nederigheid en menslikheid. As jy hulp of insperasie nodig gehad het was daar net een oproep en hy was altyd gewillig om te help waar hy kon. Hy was trots op sy werk, sy talente en gawes en hy het elkeen van dit gebruik tot die beste van sy vermoӫ, hy wou sy kennis en wysheid met mense deel om hulle te help.

Hy het gespog oor sy vrou en seun, liefdes dade wat hy vir haar gedoen het, soos om vir haar die bed op te maak en haar nagkleertjies opgevou onder haar kussing neer te sit. Ek het altyd so na hom geluister en gedink “Francois jy is waarlik ‘n roman vir jou vrou”, hy het sy opegewondenheid gedeel as sy fotos van die Stockcars of trou fotos in die George Herald beland het.

Francois het ook ‘n baie stil en diep kant gehad, hy kon in die kleinste dingetjie die mooiste sien, waneer ons saam gewerk het aan ‘n projek het dit soms gelyk of hy verlore raak in sy eie wêreld met soveel vrede. Ek onthou as hy my trou fotos gewys het dan was daar altyd ‘n natuur foto iewers in, in my trou fotos was daar fotos van dolfyne, ‘n vreemde persoon se poedel hond, seemeeue en die vol maan. Dan was daar sy skryf kuns, ek was altyd nuuskierig oor sy skryf, waar het hy sy karakters gaan uit haal en hoe hy die storie lyn kon skep, daar was altyd humor betrokke. Dan was daar soms die diep droom skryf waar ‘n mens so verlore kon raak, waar hy hierdie ou wêreld so besonders laat lyk het met soveel hoop liefde en passie.

Sy liefde vir motorsport en vliegtuie, ek het eendag verby die lughawe gery en daar het sy kar gestaan oorkant die pad, ek stop om te hoor of alles okay is. Hier sit hy en aanskou hoe die vliegtuie op stuig en land. Ek wat self uit die lugvaard industrie kom het ook ‘n passie vir die groot vlieg monstertjies, so ek het verstaan hoekom hy dit gedoen het, en besef toe dat dit vir hom is soos om by ‘n motorsport byeenkoms te sit. Natuurlik was sy grootste liefde “George motorklub” as daar ‘n byeenkoms was, was hy die fotograaf op die baan en jy kon die aksie en passie in sy fotos beleef.

As daar een ding is van hom wat vir my uit gestaan het was dit sy menslikheid en ondersteuning. Een jaar met die landbouskou het ek “Love George” help bemark. Ek gaan toe na hom toe met ‘n hand vol “Love George” stickers en vra of hy my kan help by die stockcars. ‘n Halfuur later kom hy na my toe met soveel opgewondenheid en gee vir my die nuus. Elke stockcar het ‘n “Love George” sticker op hy het gereӫl dat ek pouse die skare kan toe spreek oor die “Love George” app. Toe ek begin het om my getuienis te deel was hy die grootste ondersteuner. Toe my artikel uit gekom het in “Joy Magazine” het hy gery van supermark tot supermark opsoek na ‘n boek, en ek moes die artikel teken. Toe my boek “Lodene” vrygestel was, het hy daarop aangedring om ‘n getekende boek te ontvang. En so kan ek aanhou met hoe hy ‘n mens geondersteun het, stories wat ek die laaste paar dae gehoor het van ander vriende. Hy het nooit iets terug verwag nie, maar as jy ‘n droom gehad het was hy daar en het in ‘n mens geglo.

As ek kyk na Francios dan sien ek ‘n man wat elke passie en liefde uit geleef het, en hy wou gehad het elke mens moet dit kan doen. Jou drome ‘n realiteit maak. Hy het altyd tyd gemaak vir sy vrou, familie en vriende en wou elke oomblik met elkeen deel.

Dit is my storie van ‘n vriend wat bietjie kennis en wysheid in my lewetjie kom saai het, sonder verwagtings en sonder voorwaardes, hy was net daar vir almal.

Francios, Hey hey jy, Dankie vir die deeltjie wat jy in my lewe was, dankie vir jou ondersteuining, omgee en baie geduld. Die wêreld gaan verseker ‘n bietjie valer wees sonder jou. Jy het my baie geleer en was ‘n mentor. Die sagtheid van jou mensewees het in jou oӫ weerspieӫl. Jou al gese jy beteken baie vir baie mense, sien jy nou? Francios, jy word klaar gemis! Dankie vir alles!

Dene