Mazda CX-5 Carbon Edition

0
777
dav

Mazda het onlangs sy gewilde CX-5 model-reeks opgedateer met die toevoeging van ‘n nuwe, spesiale uitgawe model, die CX-5 Carbon Edition.

Die nuwe model is ‘n sportiewer weergawe as die CX-5 2.0 Induvidual, die model in die middel van die model-reeks wat deur die Carbon Edition vervang word.

Die Carbon Edition onderskei homself met swart 19”-allooi wiele, swart spieëls, ‘n swart instrumente paneel, stuurwiel en deurpanele, asook swart leer en suede kombinasie op die sitplekke, als afgewerk met rooi stiksel. Daar is 6 kleure beskikbaar, Snowflake White Pearl, Sonic Silver, Machine Grey, Soul Red Crystal, Polymetal Grey en Jet Black.

Die Carbon Edition is, soos die model wat hy vervang, omvattend toegerus met ondermeer klimaatbeheer, spoedbeheer, agt-rigting elektries verstelbare sitplekke, “kop-op” venster vertoon tegnologie, blindekol monitering, dwarsverkeer radar, ‘n BOSE-klankstelsel en meer.

Aandrywing geskied deur ‘n natuurlik geaspireerde tweeliter-petrol enjin wat 121kW en 213Nm lewer na die voorwiele deur ‘n sesgang outokas.

Die Mazda CX-5 2.0L Carbon Edition FWD Auto verkoop vir R565 800 en dit sluit in ‘n 3-Jaar onbeperkte kilometer waarborg en diensplan.