Lock down uitdagings vir Ouers – 6

0
683

Mastering It en Mariska Knoetze het dit goed gevind om tydens die lock down, wat reeds Maart die jaar begin het, ‘n Video reeks aan ouers beskikbaar te maak wat verskeie relevante kwessies rondom Lock down aanspreek.
In hierdie onderstaande artikel deel Mariska meer oor:
A. Werk van die huis af en uitdagings, en
B. Hoe om alles te doen en kalm te bly.

Ek is Mariska Knoetze.  Ek is ‘n voltydse onderwyseres, ‘n beroepskonsultant en ‘n narratiewe berader.  Maar ek is ook “n Enkelmamma van 6 jarige tweeling seuns.  Ek bly by my ouers en ons maak gelukkig ‘n “mean team” om die dinge aan die gang te hou.

Ek dink dit is ‘n voorreg om uit ‘n juffrou en mamma se perspektief te deel wat ons alles saam in hierdie huidige situasie beleef, vrae en kommernisse wat ons het.  Daar is baie waarde daarin om te gesels oor die vrae wat ons saam het.

Ek wil wel net noem dat ek ‘n meningspyling uitgestuur het om die inhoud van hierdie werkswinkel te kon kry.  Ek is nie ‘n Genie in a Bottle nie.  Ek het nie antwoorde en oplossings vir alles nie. Maar graag wil ek jou bemoedig en minder hulpeloos te laat voel.

  • Kommernisse en uitdagings (realiteite en feite).

A. Werk van die huis af en uitdagings

Werk, kinders, skoolwerk en normale take elke dag.  Hoe gemaak? Voel vir my soos ‘n tuimeldroër wat spin.

Jou kinders het ewe skielik baie meer behoeftes as wat jy besef en die werk wag vir jou terugvoer of sperdatums

Onthou dit is tans die nuwe-normaal en die hele wêreld se ouers wat tuis werk sukkel met dieselfde uitdagings. So haal asem.

Hierdie situasie gaan beslis van jou verg dat jy beter moet beplan voor môre se son opkom. Wees kreatief en buigbaar.

Hou ‘n familievergadering en laat die hele gesin saam die reëls, tye en wedersydse respek vir jou en ander se werk wat gedoen moet word bepaal

Bespreek en onderneem om daarby te hou. Dit gee struktuur en rustigheid.

Ek en my familie het so ‘n vergadering gehou. Ons is 4 grootmense en 2 kinders. Almal het behoeftes op verskillende tye.  Daarom het ons ‘n tydsrooster opgestel waarby almal hou. Elke volwassene het verskillende tydsgleuwe vir verskillende verantwoordelikhede.

Almal kan en moet help!

B. Hoe om alles te doen en kalm te bly

Glo my as ek deel dat ek in verskeie fases van my lewe gewonder het hoe ek alles gaan gedoen kry in een dag. Ons almal voel so.

Verskillende mense hanteer dit op verskillende manière, en dis okay. Ons kan by mekaar leer.

Vra vir hulp, jy hoef nie super-dad of super-mom te wees nie

Skryf elke dag ‘n lysie met jou prioriteite op en hou daarby. EINDE VAN STORIE

ROETINE Roetine Roetine!!!  

Staan elke oggend dieselfde tyd op. Laat jy en jou hele gesin by ‘n toepaslike roetine hou elke dag.  Dit bring struktuur, balans, sekuriteit en rustigheid omdat almal dan weet wat op sekere tye van die dag gedoen moet word.

Ons moet leer om beter met mekaar te kommunikeer en dan toepaslik daarop te reageer.

Hoe om kalm te bly:

  1. Chat about how you’re going to deal with difficult situations (before they happen)
  2. Keep talking to your children about what’s happening
  3. Find an outlet for your stress
  4. Stay connected with your support networks (and maybe build new ones)
  5. Ration your news updates
  6. Keep up your routines
  7. Cut yourself some slack

________________________________________________________________________

Ons video reeks is ook op Youtube beskikbaar.

Sou julle 1-tot-1 sessies wou boek met myself, Maryke Jooste, of Mariska Knoetze, vir enige tipe coaching of ander dienste wat Mastering It bied, is julle welkom om kontak te maak – maryke@masteringit.co.za. Besoek ons webwerf gerus – www.masteringit.co.za
Ons hoor graag van julle!
Volg ons gerus op Facebook & Instagram ook!