Ultimate Drive en Ultimate Lifestyle gaan groot!

0
875

Ultimate Drive is bykans 5 jaar reeds ‘n bekende titel op die Wes Kaap se rakke. Die Motor koerant, gesetel in George, is die enigste alleenstaande motor publikasie in die Suid Kaap en word versprei van Plett in die Ooste tot Langebaan in die Weste.

Na die suksesse van Ultimate Drive was die titel Ultimate Lifestyle ‘n natuurlike uitvloeisel en ook die publikasie was uitstekend ontvang deur die leserspubliek. Die konsep van ‘n gratis gefokuste gemeenskap-koerant, hetsy vir Leefstyl of Motors, vind groot byval by beide adverteerders sowel as lesers.

As jonger sussie van Drive het Ultimate Lifestyle minder verskyn, bloot omdat die beskikbare personeel net soveel kon behartig. Hierdie tekortkoming is nou aangespreek en Ultimate Lifestyle spog nou met ‘n onafhanklike redaksie span, toegewyd om Lifestyle gereeld en propvol interessanthede na die publiek te bring, soos altyd, GRATIS!

Kyk uit vir die Ultimate Lifestyle voertuie, die Ultimate Drive toetsvoertuie, asook die Ultimate Lifestyle waentjie wat sal seker maak dat selfs die kampeerplekke oor die vakansie die twee gewilde titels beskikbaar sal hê.

Die span by Drive wens die span by Lifestyle alle voorspoed en sterkte toe. Sien julle op die rak!