‘n Post van Monet van Heerden is op Georgiete Staan Saam geshare wat ‘n mens se hart laat chocolates klop.
Vroeg vanoggend oppad Kaap toe stop ek by ‘n petrolstasie om my kar vol te maak. Voordat ek die persoon vra om my kar vol te maak – kry ek net ‘n gevoel dat ek my kaart by die huis vergeet het. Terwyl ek my kaart soek begin ‘n jong man pligsgetrou my vensters was. Na die soektog sê ek toe vir hom ek kry nie my kaart nie en sal ongelukkig nie petrol kan ingooi nie. Hy sê toe vir my: “Ma’am you can’t run out of petrol on the N2. I’ll throw in R100 and then you can just bring back my R100 whenever you are near again. ”
Sonder dat ek nog kan antwoord begin hy petrol ingooi en betaal hy met sy eie kaart.
Hy het nie my naam of my nommer gevra nie – net gesê dat ek moet veilig ry.
Toe ek die geld vir hom gaan terug gee, het ek hom gevra hoekom hy my gehelp het en hoe hy vertrou het dat ek die geld sal terug bring. Hy antwoord my toe “Ma’am I am a believer.”
Dankie Nkosikho vir jou mooi hart.
Jy het vandag vir my hoop gegee vir ons land.
Mag Jesus jou lewe bless!