Outeniqua Skougenootskap bedank George Munisipaliteit en George Toerisme vir hul groot borgskap

0
78

Die Outeniqua Skougenootskap wil hiermee sy opregte dank en waardering uitspreek teenoor die George Munisipaliteit en George Toerisme vir hul ruim finansiƫle borgskap aan die George Landbouskou 2025. Hierdie bydrae maak dit moontlik om die skoujaar se program verder uit te brei en nuwe, opwindende items by die skou te voeg.
Die 2025 Landbouskou beloof om een van die mees gevarieerde en gesinsvriendelike skoue nog te wees, met iets vir elke lid van die gemeenskap. Vanjaar se hoogtepunte sluit onder meer in:

  • Erfenisplaas waar besoekers plaasdiere kan ontmoet, koeie en bokke melk, en selfs donkiekar-ritte geniet.
  • Besigheids-aflos wat plaaslike ondernemings op ’n prettige manier teen mekaar laat meeding.
  • ’n Manne-ontbyt saam met die welbekende ekonoom Dawie Roodt.
  • ’n Vroue-oggend met die gewilde koskenner Carmen Niehaus.
  • Die Boran Beestelersvereniging se indrukwekkende vertoning van beeste.

Benewens die nuwe toevoegings, keer die gewilde ā€œou staatmakersā€ ook terug:

  • Skaapkompetisies, jeugskou, pluimvee-afdeling, perde, die honde-uitstalling en -kompetisie, asook die gewilde Oval Track.
  • Verskeie stalletjies – van plaaslike produkte tot heerlike kosstalletjies – wat die ware skousfeer skep.

Sport en vermaak kry ook groot aandag met items soos:

  • Die gewilde Kragman-kompetisie
  • Toutrek
  • Skaak
  • Titan Fightnight
  • ’n Uitdagende 4×4 baan vir motor-entoesiaste.

ā€œOns is uiters dankbaar vir die ondersteuning van die George Munisipaliteit en George Toerisme,ā€ sĆŖ CornĆ© Botha, President van die Outeniqua Skougenootskap. ā€œHul belegging in die skou is ’n belegging in die gemeenskap van George – dit bring mense bymekaar, ondersteun landbou en toerisme, en skep ’n platform vir plaaslike talent, sport en kultuur.ā€
Die George Landbouskou 2025 beloof ’n onvergeetlike ervaring vir oud en jonk.

About George
Nestled in the heart of South Africa’s Western Cape, George is the vibrant hub of the spectacular Garden Route. Stretching from Herold’s Bay to Wilderness and Uniondale, George boasts breathtaking natural beauty, from sparkling oceans and majestic mountains to lush forests and rolling farmlands. It’s a haven for outdoor enthusiasts and nature lovers alike. Renowned for its world-class golf courses, golden beaches, rich history, and thriving arts and culture scene, George offers unforgettable dining experiences, exhilarating trails, and adventure-filled activities. Discover all that George has to offer at visitgeorge.co.za. George, naturally.

Previous articleAccess Control at the Gwaing Landfill and Waste Transfer Station
Herman Pienaar
23 years ago Herman and his wife Carina, with their 2 daughters moved to George in the beautiful Garden Route region of South Africa. He has a passion for the people of the region and is involved in many humanitarian projects. He is co-owner of the popular Facebook group called Georgiete Staan Saam with a membership of 84 500. He is a connector and an activist for unity and works tirelessly to help all communities in George and the Garden Route to realise that the answer for the political, business and socio-economical problems of the area is to stand together, plan together and working together at a common sustainable goal of alleviating poverty.Herman is the CEO of the Love Garden Route NPC and is one of the founders of the Love George movement. He is the owner and founder of the GardenrouteNEWS platform (previously Lovegeorge NEWS) and the online radio stations RadioCSA. For 32 years Herman specializes in web development and web design and through his business also offer web-hosting, email-hosting and domain-hosting.As a Pastor he has presented over 40 men's and women's camps where the main focus is to assist and guide Christians in discovering who and whose they are, discovering their true calling and then activate them into their true Prophetic and Apostolic calling.