Ouers se lock down uitdagings – 2

0
651

Mastering It en Mariska Knoetze het dit goed gevind om tydens die lock down, wat reeds Maart die jaar begin het, ‘n Video reeks aan ouers beskikbaar te maak wat verskeie relevante kwessies rondom Lock down aanspreek.
In hierdie onderstaande artikel deel Mariska meer oor:
A. Doen ek regte dinge as ouer?, en
B. Wat as ek terug gaan werk toe en niemand kan na my kinders kyk nie?

Ek is Mariska Knoetze.  Ek is ‘n voltydse onderwyseres, ‘n beroepskonsultant en ‘n narratiewe berader.  Maar ek is ook “n Enkelmamma van 6 jarige tweeling seuns.  Ek bly by my ouers en ons maak gelukkig ‘n “mean team” om die dinge aan die gang te hou.

Ek dink dit is ‘n voorreg om uit ‘n juffrou en mamma se perspektief te deel wat ons alles saam in hierdie huidige situasie beleef, vrae en kommernisse wat ons het.  Daar is baie waarde daarin om te gesels oor die vrae wat ons saam het.

Ek wil wel net noem dat ek ‘n meningspyling uitgestuur het om die inhoud van hierdie werkswinkel te kon kry.  Ek is nie ‘n Genie in a Bottle nie.  Ek het nie antwoorde en oplossings vir alles nie. Maar graag wil ek jou bemoedig en minder hulpeloos te laat voel.

  • Kommernisse en uitdagings (realiteite en feite).

A. Doen ek die regte ding as ouer.  Ek is nie ‘n onderwyser nie. Wat as ek my kind verkeerd leer. Berei ek my kind reg voor vir die volgende graad of fase?

As onderwyseres kan ek jou verseker dat jou “input” as ouer baie keer onderskat word.

Of jy dit reg of verkeerd doen is nie soseer die vraag nie. Die blote feit dat jy wel bereid is om jou kind te help en die leerwerk van die skool te doen is van onskatbare waarde.

Jy hoef nie ‘n onderwyser te wees om jou kind te help met skoolwerk nie.  Ek weet ons as onderwysers is onder andere goeie kommunikeerders.  So die instruksies wat saam met die werk kom behoort duidelik genoeg te wees om die taak uit te voer.

Jy kan nie jou kind verkeerd leer nie.  Ons almal het op verskillende manière skoolwerk geleer.  Die fondasie wat in elkgeval geskep word is wat nodig is vir verdere vordering.

Wanneer jy aan jou kind se selfbeeld, selfvertroue en menswees werk en daarin belê, dan berei jy reeds jou kind voor vir volgende jaar.  Wanneer ‘n kind ‘n goeie selfbeeld het en positief voel oor hom/haar self, kan hulle makliker die lewe se uitdagings aanpak.  Ons moet ook onthou kinders is BAIE MEER aanpasbaar as ons.  Hulle verras jou gewoonlik.

B. Wat as ek terug gaan werk toe en niemand kan na my kinders kyk nie?

Baie oumas en oupas bly in ander provinsies en/of in ‘n aftree oord of ouetehuis.  Daarom kan hulle nie na ons kinders kyk nie.  

Ons moet terug gaan werk toe want ons moet ons gesin aan die lewe hou. Dit is ongelukkig die harde feite en realiteite van die omstandighede waarin ons, onsself bevind.

Ek weet self nie wat ouers doen wat klein babatjies het nie, en hulle nie aan die buitekant wil blootstele nie.

“Worrying is a form of thinking about the future, defined as thinking about future events in a way that leaves you feeling anxious or apprehensive.” 

Ek kan wel voorstel dat die wat dit kan bekostig, om ‘n onderwys student of ‘n kleuterskool juffrou (wat ook nog nie mag werk nie) in te huur om na jou kinders en hulle skoolwerk om te sien.  Daar is baie onderwys student wat ook nou werk soek en niks het om te doen nie.

Indien jy nie hierdie luuksheid het om iemand te betaal om na jou kinders te kyk nie is my eie mening dat werkgewers ‘n plan moet maak om julle as werknemers te help om jou kind in ‘n veilige omgewing (dalk by die werk) te akkommodeer.  

Ons is almal in ‘n abnormale tyd wat vra vir abnormale oplossings. Dink uit die boks en maak voorstelle. Iemand wag dalk net vir jou oplossing. So PRAAT.  

Niks is nou normaal nie en gaan vir ‘n hele ruk nie normaal wees nie.  Desperate times call for desperate measures.  Dis net my eie opinie dat werkgewers hierdie uitdaging moet verstaan en help waar hulle kan.

Ek is ook seker dat die verskeie departemente hierdie saak sal aanspreek.  Jy kan ook by jou Unie hierdie kommernis aanmeld.  Ons as Onderwysers kon by die SAOU ook ons mening as ouer lig oor die kommernis wat ons het indien skole weer begin maar jou kind se graad nog nie begin nie.  Dus is die SAOU bewus hiervan.

________________________________________________________________________

Ons video reeks is ook op Youtube beskikbaar.

Sou julle 1-tot-1 sessies wou boek met myself, Maryke Jooste, of Mariska Knoetze, vir enige tipe coaching of ander dienste wat Mastering It bied, is julle welkom om kontak te maak – maryke@masteringit.co.za. Besoek ons webwerf gerus – www.masteringit.co.za
Ons hoor graag van julle!
Volg ons gerus op Facebook & Instagram ook!