Lamborghini Klub besoek Mosselbaai

0
957

Die stilte van die stil kusdorpie is onlangs onderbreek deur die gebrul van 26 Bulle uit die Lamborghini stal. Die massa-rit is gereel deur die Lamborghini Klub wat by Pinnacle Point tuisgegaan het en is in voorbereiding op ‘n beplande toer van Oos London na Kaapstad in 2020. Die geleentheid, genaamd die Rogue Rally, sal sowat 50 supermotors bymekaar bring in ‘n geleentheid nog nooit van te vore in die Tuinroete gesien nie.

Die Lamborghinis het die publiek behoorlik gaande gehad, veral met die klank van die kragtige enjins. Die koste van een Lamborghini beloop etlike miljoene, met die duurste voertuig teenwoordig wat jou meer as R14milj uit die sak sal jaag.

Vir die wat die geleentheid gemis het, is alles nie verlore nie. Die Rogue Rally is beplan vir 27 Maart tot 3 April 2020.

Artikel en Fotos: Tiaan Liebenberg