George Nostalgie # 5 George Landbou Skou

0
1375

Soos die son oor die Outeniqua berg op kom en vir die 159ste keer die George Landbou Skou aankondig, hoor ek die hoender hane wat die dag se aanbreek vier, die stoetbulle wat hulle manlike krag kreed dra. Ja, die George Landbou Skou is geopen.

Ek loop deur die skare en almal dra die opwinding op hulle gesigte, vriendelike groete en van vêr af hoor jy die skatterlag. Die reuke in die lug van heerlike kos en moer koffie wat kos stalletjies dra en die aanbieding van “testers” van kos en vervêrsings word verwelkom. So loop ek verby mens en dier, die perde wat pronk van hulle prag en skape wat snoesig lyk in hulle wol kombersies. Dit alles voer my weg na ‘n sprokies land.

Plaaslike musiek word deur die wind gedra en soos ek stap en af kyk na my skoene wat met George stof beklee is, is my elke tree op die maat van musiek, so asof ek soos ‘n soldaatjie in ritme loop. Ek sien die vreugde in almal se gesigte, nuwe doentjies wat hulle probeer en die braafheid wat hulle aandurf, dit laat ‘n glimlag op my gesig.

Hier is waar besigheid en gemeenskap ontmoet. Die nuwe avontuur ontdekkings, op die afwagting wat lè om die volgende draai? So asof jy weet daar lè ‘n skat. Hier is waarlik iets vir almal van kindwees pret tot ‘n wandel stap vir die ou bekendes, nuwe vriendskappe wat gevorm word en ou vriende wat weer inhaal in ‘n kuierjtie.

Wat ‘n fees om te beleef!!

Moenie dit mis loop nie, want ons “Love George”.

Lodene van Blerk