Soos ek vandag oor die groen Ouentiqua berg staar en die koel Kaapse wind waai deur my hare kom die vragie by my op, “Wat maak George so uniek, wat is dit van hierdie dorpie wat ‘n mens se voetjies net hier wil wortel skiet, so asof George jou gevange neem in sy prag beeld. Dan kom die antwoord so in my stil gees op, die mense. Die mense van George is net anders. Soveel geskiedenis van hierdie dorpie, ‘n skatkus van onberykte stories.

Stories van ‘n dorpie se ontsaan, stories van liefde, stories van mense wat in eenheid staan as die nood druk, stories van besigheid skepping, stories van kindwees en in vryheid kan wil uit leef. As ek moet dink wat die woord gemeenskap beteken se die naam George alles.

Daar is altyd aktiewieteite iewers in George, altyd iets te doen vir die gesin en pret is die hoof bestandeel. Ons is ryk in kulure, ryk in menswees en met mekaar ‘n stukkie van onsself te deel. George is my eie sprokies land, ‘n stukkie aarde ‘n stukkie hemel.

George is klein en groot, klein genoeg jy loop altyd bekende gesiggies raak, groot genoeg jy ontmoet elke dag weer nuwe mense.

As ek moet dink wat hierdie dorpie se wiele elke dag aan die rol het, is dit elke persoon wat sy deel doen, van ons munisipale werkers, ons skole, ons besighede tot die mense wat seker maak elke mens en dier is veilig.

George laat my dink aan ‘n beskrywing van vrolikheid, eenheid, spontaanheid, vriendelikheid, opregtheid, maar as ek praat van George, praat ek van elke persoon in hierdie dorpie, want dit is die mense die opregtheid van harte wat hierdie stukkie hemel, stukkie aarde ‘n tuiste maak vir almal.

Elke week gaan ek ‘n Love George Nostalgie met julle deel, daardie ietsie wat ons uniek maak, daardie rykdom skat van stories van George mense. Stories wat ons almal se hartsare sal speel

So ek nooi jou uit om elke week saam met my die skatkus van George se nostalgies te ondek.

Moenie ons skattejag stories misloop nie.

As jy graag jou storie wil vertel:

Lodene Van Blerk
0743369185
lodenevanblerk@gmail.com