Die bekende CANSA Relay For Life vind vanjaar op 27 tot 28 September 2025 plaas op die Pacaltsdorp Sportgronde, van 18:00 tot 06:00 – en dit is die eerste keer dat hierdie betekenisvolle geleentheid in Pacaltsdorp aangebied word.
Die gemeenskap van George en omliggende dorpe word hartlik uitgenooi om deel te neem aan hierdie spesiale nag van hoop, herinnering en ondersteuning vir almal wat deur kanker geraak is.
Die Relay For Life is ’n jaarlikse fondsinisiatief van CANSA (Kankervereniging van Suid-Afrika) wat nie net fondse insamel nie, maar ook hoop bring aan oorlewendes, hul gesinne, en dié wat geliefdes aan kanker verloor het. Dit is ’n fees van lewe – ’n aand van solidariteit, optredes, stories, en die simboliese loop om die baan wat hoop uitstraal in die donker.
Sluit aan – as groep of individu
Besighede, kerke, skole, organisasies en individue word aangemoedig om in te skryf.
Groepinskrywings (10 persone): R500
Individuele inskrywings: R50
Kos, kuns en kultuur
Talle kos- en handwerkstalletjies sal die aand nog meer kleurvol maak. Applikasies vir stalletjies is reeds oop. Belangstellendes kan die CANSA-kantoor of die persone op die advertensie kontak vir die nodige vorms.
Kunstenaars gesoek
Die organiseerders nooi ook plaaslike kunstenaars – sangers, dansers, digters of enigiemand met ’n talent – uit om op vrywillige basis op te tree gedurende die Relay. Dit is ’n wonderlike geleentheid om die gemeenskap met jou kuns te inspireer.
Vir enige navrae, inskrywings of applikasies, kontak gerus:
Soraya de Reuck – 083 617 8325
of die CANSA-kantoor in George.
Kom stap saam, vier die lewe, en wys jou ondersteuning. Laat ons saam as een gemeenskap hande vat teen kanker.
Inskrywingsvorms:
CANSA RFL Survivor and Caregiver Registration
TEAM Entry Form -Cansa Relay
#RelayForLifePacaltsdorp2025
#SaamTeenKanker
#CANSAGeorge