Onthou die Lesse van Lockdown

0
717

Ons almal is daardeur.
Ons almal het deur die uitdagings gegaan. Ons elkeen het baie tyd gehad om oor baie dinge van die lewe na te dink.

Wat is dit wat toe vir jou uitgestaan het?
Wat is die stokperdjies wat jy herontdek het?
Wat is die nuwe planne wat jy gemaak het vir wanneer lockdown verby is?
Watter dinge in die lewe het jy ‘n nuwe dankbaarheid voor ontwikkel – familie, tyd, rus, tyd met die Here, ‘n gejaagde lewe wat ‘n breuk gevat het.

Onthou ons nog al hierdie?

Dis asof die lewe nou weer sy pond vleis kom eis. Ons werk weer hard, sit die ekstra ure in om die ekstra geld te maak om die verlies tydens lockdown te vul. Ons het weer skedules en deadlines wat ons daaglikse omgang kom volmaak.
Ons skrik en besef dis volgende maand al Desember en Kersfees is om die draai.
Dit trigger dalk ‘n senuwee, want Desember = uitgawes? Mens wil tog die vakansie tyd ook geniet, want na ‘n rowwe omskommelende jaar, is die breuk nodig en welverdiend vir ons almal.

Maar mag ons nog onthou die lesse wat ons reeds tydens lockdown geleer het.
Deur die ops en die afs is dit dan juis waar ons karakter groei en ons kan kans sien vir groter uitdagings!

Deur te praat met van my vriende & kennisse, is hierdie wat uitgekom het oor waaroor mens dankbaar kan wees vir 2020:

  • Lockdown has given us the opportunity to take life a little more slowly, to appreciate the things we often take for granted, and to re-evaluate our priorities.
  • We truly can adapt to overcome obstacles if we apply ourselves to it.
  • As gevolg van elke trial, kon ek soveel meer groei in die Confidence wat ek het in die Here as my Shepherd, Pappa en Beste Vriend.
  • The year 2020 has reminded me of how important it is to stay connected. Connection with others is so important and without it, it changes who we are: I became closer to my family and friends and I will forever be grateful for that little push that this year gave me!

Mag ons nie ons lewenslesse begrawe nie.
Maar mag ons daaruit bemoediging en moed skep vir elke dag se dinge!
Want die lewe is daar om geniet te word en met albei hande aangegryp te word.

So maak vandag die beste met die lewenslesse wat jy reeds in die sakkie het.