Lock down uitdagings vir Ouers – 4

0
766

Mastering It en Mariska Knoetze het dit goed gevind om tydens die lock down, wat reeds Maart die jaar begin het, ‘n Video reeks aan ouers beskikbaar te maak wat verskeie relevante kwessies rondom Lock down aanspreek.
In hierdie onderstaande artikel deel Mariska meer oor:

A. Stres van sonder inkomste wees, en
B. Huismoles. Familielede of eggenoot se ware kleure kom uit.  Kindermishandeling.  Geen kos om te eet nie.

Ek is Mariska Knoetze.  Ek is ‘n voltydse onderwyseres, ‘n beroepskonsultant en ‘n narratiewe berader.  Maar ek is ook “n Enkelmamma van 6 jarige tweeling seuns.  Ek bly by my ouers en ons maak gelukkig ‘n “mean team” om die dinge aan die gang te hou.

Ek dink dit is ‘n voorreg om uit ‘n juffrou en mamma se perspektief te deel wat ons alles saam in hierdie huidige situasie beleef, vrae en kommernisse wat ons het.  Daar is baie waarde daarin om te gesels oor die vrae wat ons saam het.

Ek wil wel net noem dat ek ‘n meningspyling uitgestuur het om die inhoud van hierdie werkswinkel te kon kry.  Ek is nie ‘n Genie in a Bottle nie.  Ek het nie antwoorde en oplossings vir alles nie. Maar graag wil ek jou bemoedig en minder hulpeloos te laat voel.

  • Kommernisse en uitdagings (realiteite en feite).

A. Stresvol – geen inkomste nie

Julle hier wil ek graag meer geestelik met jou praat as feitetlik.  Ek dien ons Drie-enige God.  Ek het ‘n baie lang getuienis wat hopelik eendag in ‘n boek sal vertel word.

Ek is al baie swaar tye deur. Tye waar ek bid vir kos en iemand los net ‘n sakkie kos by die voordeur.  Dan het ons toiletpapier nodig en iemand gee vir my ‘n hele pak toiletpapier die volgende dag.  ‘n Persoon wat al in SPAR vir my gesê het om ‘n waentjie te neem en alles in te laai wat ek nodig het, hy het betaal daarvoor.

Ek was al menigte maal sonder werk. Met kwalifikasies en al. Dan sal ek energie insit van my kant af om werk te soek en planne te beraam. (so ek sit nie en wag vir ‘n werk om in my skoot te val nie). Dan kom God en gee my 3 dae voor ek nie meer geld het nie, werk.

My lysie van wonderwerke wat ek al aan my eie bas en sak en lewe gesien en beleef het is al lank genoeg om met selfvertroue vir jou te kan sê dat God nooit jou alleen sal laat nie.

MAAR dan moet jy Hom kies en vertrou. Niemand het gesê dis maklik of lekker nie. Hierdie is juis die tyd om op God te vertrou vir ‘n pak toiletpapier, want Hy ken jou en weet van jou nood.

B. Huismoles. Familielede of eggenoot se ware kleure kom uit.  Kindermishandeling.  Geen kos om te eet nie. 

Julle om ‘n huis te deel waar niemand werk of skool toe gaan nie is eweskielik ‘n vreemde verskeinsel. Alles het oornag tot ‘n stilstand gekom. Dit is nogal ‘n uitdaging.

Nou is ons gedwing om weer 24/7 in mekaar se geselskap te wees en weer die hele huis met almal in jou gesin of familie te deel.

Die hartseer van die saak is dat daar baie ouers en kinders is wat nie eers kos het in die tyd nie omdat hulle staat maak op skool kosprojekte en kerk liefdadigheid.

Eweskielik moet jy weer in jou eggenoot se teenwoordigheid wees sonder die “rat race” van elke dag.  Dit is ‘n nuwe ontdekking.  Dit kan goed of sleg wees.. 

Ek kies om dit eerder as ‘n geleentheid te sien om weer mekaar te ontdek.

Jy ontdek eweskielik dat jou kind nou al groter, ouer en meer selfstandig was as toe jy laas notule geneem het. 

In die tyd is dit broodnodig dat julle moeite maak om met jou kind te connect op ‘n emosionele vlak.  

Elke kind het sy eie karakter en is “gewire” op ‘n pragtige unieke manier. Toon “compassion” en stel jouself ook bloot aan wie jy werklik is (vulnerability is ‘n groot sleutel).  Jy hoef nie altyd die superhero ma of pa te wees nie. Deel jou natuurlike mens.

Gun mekaar spasie om af dae te hê.  Baie belangrik.

Dit is ongelukkig in die tyd ‘n harde realiteit dat Huishoudelike geweld en mishandeling verhoog.  Die redes daarvoor is voor die handliggend.  Daar is nou geen ander uitweg as om by die huis te bly en die hel in die oë te staar elke dag nie.  My gebede gaan werklik aan hierdie gesinne uit.

Ek noem wel dat as jy jouself in hierdie situasie bevind skakel asb. POWA – 076 694  5911

________________________________________________________________________

Ons video reeks is ook op Youtube beskikbaar.

Sou julle 1-tot-1 sessies wou boek met myself, Maryke Jooste, of Mariska Knoetze, vir enige tipe coaching of ander dienste wat Mastering It bied, is julle welkom om kontak te maak – maryke@masteringit.co.za. Besoek ons webwerf gerus – www.masteringit.co.za
Ons hoor graag van julle!
Volg ons gerus op Facebook & Instagram ook!