Bekendstelling van George Landbou Skou 2020

0
1588

 

George Landbou Skou Raad het Donderdag 20 Februarie 2020 ‘n spog verjaar en bekendstelling geleentheid aangebied om George Landbou Skou se 160 bestaan’s jaar te vier.
Die geleentheid was verteenwoordig deur Borge, Boere en vriende van die Skou. 

Mnr Memory Booysen uitvoerende burgemeester van die Eden-distrik-munisipaliteit het in sy toespraak kern punte aangeraak soos: Hy het die grootste eer vir die boere, en van 9 provinsies is die Wes-Kaap ‘n eiland, want die Wes-Kaap doen alles anders as die res, wat gebeur in die landbou in die Wes-Kaap? 

Mnr Memory Booysen het die varsmarkte in Johannesburg besoek en was verbaas 02h00 in die oggend, toe die aflewerings voertuie daar aankom om vars plaas produkte af te lewer dat die meerderheid van die voertuie met CAW registrasie no daar is om produkte af te lewer. En Johanesburg het erken dat die meeste produkte afkomstig is van die Wes-Kaap, die grootste gedeelte van die gdp kom van Wes-Kaap Landbou. Die regering is besig om ook nou na ‘n varsprodukte mark te kyk in George. Hy het ook gesê dat die Wes-Kaap regering teen die onteiening van grond is en gaan dit nie toelaat in die Wes-Kaap nie.

Cornê Botha het ook onderhoude gevoer met van die boere van Toka tot Nou!! om die gehoor net die agtergrond te gee van die boere van Toeka en die boer van Nou.

By die spog geleentheid het Cllr Charlotte Clarke die uitvoerende onder burgemeester van George en Cllr Memory Booysen uitvoerende burgemeester van die Eden-distrik-munisipaliteit saam met Corné Botha President van George Landbouskou die koek gesny.

Kyk laat ons dit nou maar vir mekaar sê: 

Volgens oorlewering vanaf die 1ste George Landbou Skou wat in 1860 aangebied is, spog die gemeenskap van George met ‘n Landbou Skou wat vanjaar die groot 160 jaar herdenking vier.

Die skou behoort aan die gemeenskap en sonder die gemeenskap sou dit nie 160 jaar oud gewees het nie.

‘n Beroep word gedoen op die hele George gemeenskap om die tyd van die viering 27-29 Augustus 2020 as Skou naweek te merk op die kalender.

 Die voortbestaan van die George Landbou Skou is soos enige iets in die lewe – soos ‘n saad wat gesaai word, ‘n persoonlike of sake verhouding, selfs ‘n droom –  dit moet instand gehou en gekoester word om verder te kan groei.  Daarom is dit belangrik, en nie slegs van die kommittee lede nie, maar elkeen wat ‘n rol speel – of dit in die sakesektor, finansiële sektor of Landbou is om by te dra tot die uitbouing van hierdie belangrike saak.

Ons as Skouraadslede wil ‘n beroep op u doen om meer betrokke te raak deur die 2020 George Landbou Skou op te bou tot ‘n heerlike verjaarsdag-viering en die skou daarmee uitbou tot voordeel van almal.

Die geleentheid rondom 2020 se George Landbou Skou is enorm, en is soos Goud in die grond wat ons net begin ontgin.  Kom ons neem landbou, toerisme, jeug, local is lekker, ontwikkeling, want dit is waar ons groei is, en dit hou vir George ‘n groot finansiële voordeel in en die sneeubal effek gaan én het die afgelope 160 jaar groot finansiële implikasies vir George ingehou.  

Wees deel van die goue geleentheid om u besigheid te laat groei, te laat ontwikkel en ontgin saam met ons die goud van 160 jaar by 2020 George Landbou Skou.

 

Previous articleGeorge Municipality proud to be part of OCC
Next articleVIDEO TRAILER: fynfoto interview by Adin Walls
Herman Pienaar
23 years ago Herman and his wife Carina, with their 2 daughters moved to George in the beautiful Garden Route region of South Africa. He has a passion for the people of the region and is involved in many humanitarian projects. He is co-owner of the popular Facebook group called Georgiete Staan Saam with a membership of 84 500. He is a connector and an activist for unity and works tirelessly to help all communities in George and the Garden Route to realise that the answer for the political, business and socio-economical problems of the area is to stand together, plan together and working together at a common sustainable goal of alleviating poverty.Herman is the CEO of the Love Garden Route NPC and is one of the founders of the Love George movement. He is the owner and founder of the GardenrouteNEWS platform (previously Lovegeorge NEWS) and the online radio stations RadioCSA. For 32 years Herman specializes in web development and web design and through his business also offer web-hosting, email-hosting and domain-hosting.As a Pastor he has presented over 40 men's and women's camps where the main focus is to assist and guide Christians in discovering who and whose they are, discovering their true calling and then activate them into their true Prophetic and Apostolic calling.