Tuisgemaakte Grenadella Likeur / Zoerdoef (3-dag proses)

0
1930

Resep: Sandra o’Connell

Dag 1
12-18 grenadellas, alles uitgekrap met lepel (as die uitgekrapte vrug te min is gebruik tot 24)
Meng met 500 g suiker (pro-rata meer suiker as jy meer vrug gebruik)
Voeg by 4 doppies “Passion Fruit cordial”
Bedek en laat oornag staan.

Dag 2
Kook alles saam op lae hitte tot suiker opgelos is.
Laat oornag staan.

Dag 3
Voeg 750 ml Vodka by en meng goed.

Bottel en hou in yskas.
Skud bottel elke keer voor gebruik.
Bedien met fyn gekapte ys.

Oorspronklike artikel was in Ultimate Lifestyle ED.8