Ontbyt Pizza

0
1448

My eie braaivleis en eier Pizza

Resep: Maralize van Winson

Hierdie resep kan van nuuts af gemaak word, of met gisteraand se oorbly braaivleis en wors.

Bestandele:
1 Ui, gesny
Steak
Kameeldoringwors
Eiers
Melk
Sout en peper na smaak
Gerasperde kaas

Metode:

Braai uie tot bruin. Sny steak en wors in stukkies en braai saam met uie tot vleis deur warm is. Klits nou eiers met bietjie melk, sout en peper. Giet oor vlies en laat dit deur gaar word. Rasper kaas oor en laat dit smelt. Bedien saam met souse na smaak.

Oorspronklike artikel was in Ultimate Lifestyle Ed.5