In ons Piekniek mandjie!

0
1624

Spek en kaas happies

8 snye brood – korsies afgesny

1 koppie gerasperde kaas

8 stukke skouer spek

¼ koppie botter

Rol die snye brood plat. Plaas kaas op elke broodjie en rol toe. Draai die rolletjie toe met spek en steek vas met ‘n tandestokkie. Voorverhit ‘n pan met ‘n bietjie botter. Doop elke rolletjie vinnig in die res van die botter en maak seker dat die brood kante bedruip is. Braai nou in pan tot spek verbruin is en kaas gesmelt is.

 

Zucchini mielie poffertjies

4 koppies zucchini – fyn gerasper

1 en half koppies gaar soetmielies

¾ koppie spriet uie fyn opgesny

1t Oregano

1t Tiemie

1¼ kwart koppie ertjie meel

1t sout en peper na smaak

Botter of olie om in gaar te maak

Meng alles deeglik bymekaar. Los vir so 5 min sodat die meel die vog van die zucchini kan absorber en ‘n deeg vorm. Verhit ‘n bietjie botter in pan oor lae hitte. Skep nou lepels vol mengsel in pan en braai 3-5 min aan weerskante tot lig bruin.

Artikel & Fotos: Rosalyn van Zyl

Oorspronklike artikel was in Ultimate Lifestyle Ed.4