Lock down uitdagings vir Ouers – 5

0
588

Mastering It en Mariska Knoetze het dit goed gevind om tydens die lock down, wat reeds Maart die jaar begin het, ‘n Video reeks aan ouers beskikbaar te maak wat verskeie relevante kwessies rondom Lock down aanspreek.
In hierdie onderstaande artikel deel Mariska meer oor:
A. Mensdom is negatief, opstokerig, kritiek, fopnuus, vrese, sosiale media, en
B. Juffrou, mamma, vrou, skoonmaker terwyl pappa moet werk (of visa-versa); Of as enkel-ouer

Ek is Mariska Knoetze.  Ek is ‘n voltydse onderwyseres, ‘n beroepskonsultant en ‘n narratiewe berader.  Maar ek is ook “n Enkelmamma van 6 jarige tweeling seuns.  Ek bly by my ouers en ons maak gelukkig ‘n “mean team” om die dinge aan die gang te hou.

Ek dink dit is ‘n voorreg om uit ‘n juffrou en mamma se perspektief te deel wat ons alles saam in hierdie huidige situasie beleef, vrae en kommernisse wat ons het.  Daar is baie waarde daarin om te gesels oor die vrae wat ons saam het.

Ek wil wel net noem dat ek ‘n meningspyling uitgestuur het om die inhoud van hierdie werkswinkel te kon kry.  Ek is nie ‘n Genie in a Bottle nie.  Ek het nie antwoorde en oplossings vir alles nie. Maar graag wil ek jou bemoedig en minder hulpeloos te laat voel.

  • Kommernisse en uitdagings (realiteite en feite).

A. Mensdom is negatief, opstokerig, kritiek, fopnuus, vrese, sosiale media

Ai ons is lief daarvoor om lekker te gesels oor die nuutste slegte nuus, aankondiging, gebeurtenis.  Sosiale media is ‘n groot rede tot hierdie probleem.

Dit gaan oefening kos om te kies om eerder positief te praat.  Gaan soek die mooi in elke storie wat jy hoor, sien of kyk.  

Die hele wêreld sit nou in dieselfde bootjie.  Dit is nie net RSA nie en ook nie beslis net jy alleen nie.

Om mekaar op te stook wek onnodige vrese.  En vrees is nie van die HERE af nie.  

Dit veroorsaak ‘n klomp ander probleme.  Verse veroorsaak angs en depressie. 

Dit veroorsaak in werklikheid fisiese gesondheidsprobleme.  

So hou op om jouself vol te maak met die negatiewe stories oor CORONA en soek eerder die stories van medemenslikheid, gemeenskapsprojekte, ens.

B. Juffrou, mamma, vrou, skoonmaker terwyl pappa moet werk (of visa-versa). Of as enkel-ouer.

Ek dink ons plaas te veel druk op onssself.  Miskien is dit net ek? Maar ons wil gewoonlik hê alles moet perfek wees, maar dan is ons ‘n groot moeg gemors binnekant.

Navorsing toon dan “multi-tasking” eintlik minder produktief is.  Juis omdat daar bv. 5 take onvoltooid is.

Dan moet ek bysê dat ek self lekker aandagafleibaar is. So wanneer ek een ding doen dan doen ek sommer gou ‘n paar ander goed ook, maar net om terug te kom na die 1e taak wat niks gevorder het nie.   

Wenke vir “multitasking”:

  • Minimaliseer die risiko:  Om klere op te vou en TV te kyk is nie ‘n risiko nie. Om op jou foon te werk en te bestuur is ‘n groot risiko
  • Stel jou foon se “ringtones” gebasseer op prioriteite.  Stel alarms om dinge gedurende die dag te onthou en op ‘n sekere tyd te doen en af te handel
  • Hoe meer jy sekere take inoefen elke dag, hoe minder fokus en energie neem dit
  • Stel afsny datums en tye op volgens prioriteite

Dit klink nou soos ‘n normale gejaagde dag.  Glo my wanneer ek uit ondervinding praat dat jy hierdie beginsels op jou gesin, kinders, wasgoed, kosmaak en werk kan toepas.

As jy nie alles gelyk kan doen nie en sekere dinge laat oorstaan sodat jy ook net kan ontspan IS DIT OKAY.  Jou skottelgoed sal nie wegloop nie, hulle is mooi soet.

________________________________________________________________________

Ons video reeks is ook op Youtube beskikbaar.

Sou julle 1-tot-1 sessies wou boek met myself, Maryke Jooste, of Mariska Knoetze, vir enige tipe coaching of ander dienste wat Mastering It bied, is julle welkom om kontak te maak – maryke@masteringit.co.za. Besoek ons webwerf gerus – www.masteringit.co.za
Ons hoor graag van julle!
Volg ons gerus op Facebook & Instagram ook!