Wenke vir Kombuis

0
624
Ek is baie lief vir kook. Van kleins af het ek probeer en baie foute gemaak. Partykeer wou die honde nie eers eet wat ek gemaak het nie. Klein foutjies kan ‘n hele ete sommer net sleg maak. Te veel sout, te min sout, vleis wat gebrand het – dit het al met almal gebeur en gaan weer gebeur. Die paar wenke hieronder het ek op die internet gekry by verskillende bronne. Bêre dit iewers want as jy soos ek ek is gaan jy dit verseker nodig kry.
  • Om hoendervleis sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie suurlemoensap oor voordat dit gaargemaak word.
  • Om vleis sag te maak wanneer jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by.
  • Smeer asyn en sout aan vleis. dit versag die vleis en sal verhoed dat die dit gou bederf.
  • Spek sal nie omkrul as dit in kookwater gedoop word voordat dit gebraai word nie.
  • Sprinkel ‘n bietjie sout in die braaipan om gespat te voorkom. Plaas ‘n vergietter onderstebo oor die pan sodat stoom kan ontsnap maar vet nie uitspat.
  • Strooi fyn gemmer oor gebraaide vark vleis – dit gee ‘n heerlike geur.
  • Taai vleis kan saggemaak word deur vooraf bakpoeier oor te sprinkel.
  • Vir geurige vaktjops, rol elke tjoppie eers in fyngedrukte Corn Flakes of brood krummels voordat dit in olie gebak word
  • As kerrie te sterk gemaak is, voeg ‘n bietjie suurlemoensap by.
  • As vleis aangebrand het, voeg bietjie melk daarby en kook weer. Dit neem die brand smaak weg.
  • Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.
  • Doop wors in kookwater voordat jy dit bak, dan sal dit nie oopbars nie.
  • Draai vleispasteitjies in botterpapier toe voor jy dit bak. Dit hou die korsies sag.
  • Gooi ‘n teelepel water by wanneer jy maalvleis braai. Dit help om die vet uit die maalvleis te kry.
  • Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak.
  • Gooi vars melk oor gebrande vleis om die brandsmaak te verminder.
  • Maak die smaak van ‘n kerriegereg anders deur ‘n fyn gekapte nartjieskil by te voeg.
    Droog die skil uit deur dit in die yskas te bêre.
  • Moet nooit braaivleis met ‘n vurk steek wanneer jy dit op die kole omdraai nie, gebruik eerder ‘n braaitang.
  • ’n Bietjie asyn in die olie verhoed dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan.
  • ’n Heerlike manier om ‘n varkboud gaar te maak is om ‘n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie. Bak die vark boud tot net so ‘n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur. Die sous van die vark boud en die Coke meng dan om ‘n heerlike sous te maak.
  • Natuurlike jogurt is ‘n natuurlike vleissagmaakmiddel. Sit biefstuk of hoender in joghurt en los vir 8 ure in die yskas.
  • Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat jy dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak.
  • Braai pap gekookte pasta in ‘n pan met olyfolie tot dit effens harder is.
  • Gooi sop wat aangebarnd het dadelik in ‘n ander pot – niemand gaan agterkom dat die sop gebrand het nie.
  • Vir kos wat na brand ruik of kos wat te sterk is sit n droeë sny brood op kos plaas deksel op en laat staan vir ten minste 30 minute. Die brand reuk en die sterk smaak van kos trek in die sny brood.
Previous articleWhat does it take to be a GREAT leader?
Next articleRoad Upgrades in George
Herman Pienaar
23 years ago Herman and his wife Carina, with their 2 daughters moved to George in the beautiful Garden Route region of South Africa. He has a passion for the people of the region and is involved in many humanitarian projects. He is co-owner of the popular Facebook group called Georgiete Staan Saam with a membership of 84 500. He is a connector and an activist for unity and works tirelessly to help all communities in George and the Garden Route to realise that the answer for the political, business and socio-economical problems of the area is to stand together, plan together and working together at a common sustainable goal of alleviating poverty.Herman is the CEO of the Love Garden Route NPC and is one of the founders of the Love George movement. He is the owner and founder of the GardenrouteNEWS platform (previously Lovegeorge NEWS) and the online radio stations RadioCSA. For 32 years Herman specializes in web development and web design and through his business also offer web-hosting, email-hosting and domain-hosting.As a Pastor he has presented over 40 men's and women's camps where the main focus is to assist and guide Christians in discovering who and whose they are, discovering their true calling and then activate them into their true Prophetic and Apostolic calling.