South African Water Warriors NPO 212-127
Berig deur Pieter du Plessis

South African Water Warriors ( Geregistreerde Nie Wins Gewende Organisasie ) is gestig deur Deon Smit op 26 Februarie 2017 om in die droogte bystand te bied met water skenkings in en om Kaapstad te versprei, met baie hoë water beperkings en “day Zero” op die horison. Brande in Wuppertal, Bettiesbaai en Paarl is ook bystand gebied met water skenkings.

Droogte geteisterde gebiede in SA se platgeslaande boere het hulpkrete gestuur, maar ook vir meer as water, voer vir hul honger vee, daaglikste kruideniers selfs vir hul eie gesinne en hul werkers gesinne. Die voortslepende droogte in die Noord Kaap, Oos Kaap en Karoo, laat nie net ons boere met dorre landerye nie, boere is finansieel uitgeput, hul is emotioneel na 5 jaar se uithou en aanhou op moedverloor se vlakte en voel vergete. Elke dag steel die droogte dief nog vee en dis nie ‘n mooi gesig om die vee karkaste oral tee te kom nie.

South African Water Warriors is ‘n span van 8 aktiewe volunteer lede regoor SA, wat alle skenkings van die algemene publiek insamel om die boere in alle opsigtigte op die been te hou. Skenkings van geseëlde water, enige vee voer, nie-bederfbare voedsel en troeteldier kos word in konvooi na die areas in nood vervoer. Fondse is ‘n baie belangrike aspek, fondse word meestal aangewend om die vervoer kostes te dek van geskenkde voer. Baie van hierdie voer word sonder die algemene konvooi uit Kaapstad gestuur. Ongeveer R 24 000 tot R 28 000 beloop die onkoste van een vragmotor om voer by die honger diere te laat aflewer indien die vervoer nie geborg word nie.

Baie mense wil graag ons boere bystaan maar weet nie noodwendig hoe om dit te doen nie, skakel in by South African Water Warriors se Facebook Groep

https://www.facebook.com/groups/2015966815286967/

wat reeds als in plek het om alle donasies by die gesinne in nood af te lewer.

Saam kan ons die gesinne in droogte se las dra, saam kan ons ‘n ongelooflike verskil vir ons boere gesinne asook hul werker gesinne maak.

In die Suid Kaap / Karoo streek is ons baie aktief en word ondersteun deur vrywillegers en besighede met die volgende:

Bemarking (Print House & Digi Press)
Advertensies veldtogte (SFM, George Herald, Die Burger)
Stoor en vervoer (Kell Aluminium, Jagido Engineering, Lenco Logistics, Challenge Transport en Triton Express)
Laerskool Hoekwil en Laerskool George Suid (Insamelings)
Smart H20 (Waterdonasie punt)

Verskeie besighede en boere skenk wat anoniem wil bly.

Vir meer informasie kan kontak

Pieter Du Plessis ( Area Lid )                          Deon Smit ( Stigter )
076 844 6435 / pieterpdp@gmail.com           082 738 2702 deon@sawaterwarriors.org

Vorige uitreiking foto’s en video’s is beskikbaar op die Facebook Blad – South African Water Warriors.

Ondersteun ons boere wat ons elke dag 3 keer benodig om voedsel aan ons gesinne voor te sit

 

 

 

 

Previous articleImizamo Yethu High Recovered Stolen Equipment
Next articleSuccessful repair restores full water capacity to Wilderness
Herman Pienaar
23 years ago Herman and his wife Carina, with their 2 daughters moved to George in the beautiful Garden Route region of South Africa. He has a passion for the people of the region and is involved in many humanitarian projects. He is co-owner of the popular Facebook group called Georgiete Staan Saam with a membership of 84 500. He is a connector and an activist for unity and works tirelessly to help all communities in George and the Garden Route to realise that the answer for the political, business and socio-economical problems of the area is to stand together, plan together and working together at a common sustainable goal of alleviating poverty.Herman is the CEO of the Love Garden Route NPC and is one of the founders of the Love George movement. He is the owner and founder of the GardenrouteNEWS platform (previously Lovegeorge NEWS) and the online radio stations RadioCSA. For 32 years Herman specializes in web development and web design and through his business also offer web-hosting, email-hosting and domain-hosting.As a Pastor he has presented over 40 men's and women's camps where the main focus is to assist and guide Christians in discovering who and whose they are, discovering their true calling and then activate them into their true Prophetic and Apostolic calling.