KONFYT-STOOMPOEDING

0
1284

Resep: Maralize van Winsen

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 2 uur

Bestanddele:
45 ml (3 e) aarbeikonfyt
430 ml (1¾ k) bruismeel
5 ml (1 t) bakpoeier
175 g botter, versag
250 ml (1 k) strooisuiker
3 eiers

Metode:
1. Smeer ‘n emaljebak met botter en sit die konfyt onderin.
2. Sif die meel en bakpoeier saam in ‘n groot bak.
3. Voeg die botter, strooisuiker en eiers by en klits tot goed gemeng. Skep in die emaljebak en maak die bokant glad met die agterkant van ‘n lepel.
4. Draai die bak lossies toe in ‘n moeselienlap en bind die punte bo-op vas. Sit ‘n omgekeerde piering onder in ‘n groot pot, plaas die poedingbak bo-op en giet kookwater in tot by die helfte van die kant van die bak. Bedek die pot dadelik en laat twee uur prut stadig oor matige hitte. Kyk af en toe dat daar genoeg water in die pot is.
5. Verwyder uit die water en laat afkoel. Keer op ‘n opdienbord uit en sit voor saam met vrugte of vla as jy wil. Heerlik Lekker!!!

Oorspronklike artikel was in Ultimate Lifestyle ED.9