Knoffel-Mossel Potjie

0
6400

Resep: JoLinda Van Vuuren

Bestanddele:
3 uie, gekerf
1 eetlepel knoffelbotter
2 pakkies gevriesde mossels, in skulpe
1 liter volroom melk
1 pakkie sampioensoppoeier
500ml vars room

Metode:
Sit ‘n swart pot op ‘n matige vuur.
Braai die uie in die knoffelbotter.
Sit gevriesde mossels in pot.
Sit deksel op en laat dit vir 10 minute prut.
Voeg melk by, prut vir 5 minute en roer die sampioensopppoeier by.
Prut vir 5 minute, voeg die room by en prut vir nog 5 minute.
Gooi die mossel weg as die skulp nie oopgegaan het nie.
Bedien as voorgereg, of met ciabatabrood as hoofgereg.
Lyk dit nou nie lekker nie!?
Kan ‘n groot pakkie Smash of 2-3 gaar, fyngedrukte patats bygooi.
Ons gebruik mossels sonder skulpe 2 groot pakkie.
Kan ook gesnipperde groen, rooi en geel soetrissie bygooi.

Oorspronklike artikel was in Ultimate Lifestyle ED.9