Gevulde Soetrissie

0
1744

Resep en Fotos: Rosalyn van Zyl

Bestanddele:

Vleis vulsel:
1 Eetlepel botter
500g Beeshaas
1 Teelepel paprika
1 Eetlepel knoffel poeier of vars knoffel
1 Teelepel sout
2 Eetlepels Worcestersous of Balsamiese asyn

Braai die vleis in botter en gooi speserye in terwyl dit braai.
Skep uit en hou die sous.

Uie vulsel:
2 eetlepels botter
3 uie
3 bell greenpeppers
1 teelepel sout

Sny uie en groen soetrissie in repies. Smelt botter in vleis sous en braai uie en groen soetrissie tot verbruin.

Soetrissies:

6 rooi of geel soetrissies
Mozzarella kaas (gerasper of in ringe gesny)

Sny die soetrissies bo oop en haal pitte uit. Vul nou met vleis, dan uie en dan Mozzarella kaas in lae en herhaal. Bak in oond teen 200*C vir 30min. Smaaklike ete!

Oorspronklike artikel was in Ultimate Lifestyle Ed.5