Toyota Urban Cruiser vs Suzuki Vitara Brezza

0
1117

Toyota het pas die Urban Cruiser bekend gestel en soos die Toyota Starlet, is die model nie net gebasseer op ‘n Suzuki nie, dit is dieselfde voertuig, gebou in dieselfde fabriek deur Maruti Suzuki in Indië. Dit is ‘n Suzuki met ‘n Toyota kenteken. Later vanjaar stel Suzuki ‘n groter sportnuts bekend, die Suzuki Across. Hierdie voertuig is ‘n Toyota RAV (Hibried) met ‘n Suzuki kenteken. Hoekom doen hulle dit?

Die storie agter die storie is ‘n eenvoudige een. Beide fabrikate wil groei in markte waarin hulle nie sterk is nie. Suzuki is ‘n leier in die bou van kompakte, kwaliteit voertuie. Toyota is reeds vêr gevorder in die veld van hibriede en elektirese mobiliteit. Die toekoms lê in kwaliteit kompakte voertuie met hibriede of elektriese aandrywing. Suzuki het dus toegang tot die tegnologie en Toyota het toegang tot kwaliteit kompakte voertuie. Dis ‘n wen-wen situasie vir twee sterk maatskappye beide met goeie produkte.

Dit bring ons terug tot die Toyota Urban Cruiser versus die Suzuki Vitara Brezza. Om ‘n produk met homself te vergelyk sal dom wees. Dis dieselfde enjin, ratkas, dis dieselfde voertuig. Stillering verskil effens, maar smaak is subjektief. Die verskil lê in die prys en spesifikasie.

Suzuki bied vier modelle in twee spesifikasie vlakke, GL en GLX. Toyota bied vyf modelle in drie spesifikasie vlakke, Xi, XS en XR.

Die groot verskille lê by die intree-modelle: Xi vs GL. Beide is redelik goed gespsifiseer uit die staanspoor met raakskerm radios met Andriod of Apple skakeling, elektriese ruite en parkeersensors, maar waar die Toyota toegerus is met lugversorging kom die Suzuki met klimaatbeheer. Die Suzuki bied ook ‘n trukamera, elektries voubare spieëls en die bestuur sitplek kan hoogte verstel. Boonop is die Suzuki goedkoper en as jy wou, kan jy ook die intree spesifikasie model in Outomaties bekom. Die Toyota Xi is slegs in handrat beskikbaar.

XS: Toyota bied ‘n middel spesifikasie-vlak en hierdie model bied dan wel klimaatbeheer, ‘n trukamera, elektries voubare spieëls en ‘n bestuur sitplek met hoogte verstelling, maar ook 16-duim allooiwiele, dakspore, kleurgekodeerde deurhandvatsels, ‘n agterruitverwarmer en -veër, ‘n boonste paneelkissie en ‘n verdeelde agtersitplek. Hierdie spesifikasie vlak bied dan ook die keuse tussen handrat en die 4-spoed outokas.

XR vs GLX: Hierdie is die vlagskip modelle en beide is toegerus met luukses soos voorste spoedbeheer, ‘n binnetruspieël wat vanself domp, outomatiese ruitveërs en kopligte, ‘n armleuning tussen die voorsitplekke, ‘n leerstuurwiel, ‘n verkoelde boonste paneelkissie, die keuse van ‘n bakwerk in twee kleure en ‘n verligte bagasieruim. In wese is daar nie groot verskille tussen hierdie modelle nie. Die Suzuki is wel ‘n raps goedkoper.

Wat Toyota wel uit die staanspoor in al die modelle bied is Toyota Connect. Hierdie stelsel koppel met jou foon deur ‘n toepassing waarmee eienaars handelaars kan opspoor en dienste kan boek. Die stelsel bied ook Wifi in die motor waarmee musiek gestroom kan word. Daar is 15Gig data voorafgelaai en die data kan aangevul word waneer dit op raak.

Wat dienste en waarborge aanbetref is die verskil groter. Toyota bied ‘n waarborg van drie jaar of 100 000 km en ‘n diensplan van drie versienings of 45 000 km, terwyl Suzuki ‘n waarborg van vyf jaar of 200 000 km en ‘n diensplan van vier versienings of 60 000 km bied. Toyota se diens en waarborg termyne kan wel verleng word, maar teen ‘n addisionele prys.

Pryse vergelyk as volg:

  • Suzuki Vitara Brezza 1.5 GL: R 244 900
  • Urban Cuiser 1,5 Xi: R 247 900
  • Suzuki Vitara Brezza 1.5 GL (Auto): R 264 900
  • Urban Cuiser 1,5 XS-handrat: R 267 900
  • Urban Cuiser 1,5 XS-outomaties: R 289 000
  • Suzuki Vitara Brezza 1.5 GLX: R 289 900
  • Urban Cuiser 1,5 XR-handrat: R 294 500
  • Suzuki Vitara Brezza 1.5 GLX (Auto): R 309 900
  • Urban Cuiser 1,5 XR-outomaties: R 315 700

Toyota het ‘n aansienlik groter handelaars netwerk en as jy in ‘n afgeleë dorp bly of gereeld afgeleë reis, is Toyota dalk jou beter keuse. Sou jy egter naby beide handelaars bly sou jy geensins benadeel word deur ‘n Suzuki te koop nie. Die voertuig is, per slot van sake, ‘n Suzuki.

Wat seker is, of jy nou ‘n Brezza of ‘n Urban Cruiser koop, hierdie is ‘n goeie kopie en ons behoort eersdaags duisende van hulle op ons paaie te sien.