Lock down uitdagings vir Ouers – 3

0
684

Mastering It en Mariska Knoetze het dit goed gevind om tydens die lock down, wat reeds Maart die jaar begin het, ‘n Video reeks aan ouers beskikbaar te maak wat verskeie relevante kwessies rondom Lock down aanspreek.
In hierdie onderstaande artikel deel Mariska meer oor:
A. Rekenaar toegang, data toegang, printers en ink, papier om skoolwerk te doen, en
B. Hoe berei ek my kind voor vir die nuwe fase in sy lewe en skoolloopbaan na COVID19?

Ek is Mariska Knoetze.  Ek is ‘n voltydse onderwyseres, ‘n beroepskonsultant en ‘n narratiewe berader.  Maar ek is ook “n Enkelmamma van 6 jarige tweeling seuns.  Ek bly by my ouers en ons maak gelukkig ‘n “mean team” om die dinge aan die gang te hou.

Ek dink dit is ‘n voorreg om uit ‘n juffrou en mamma se perspektief te deel wat ons alles saam in hierdie huidige situasie beleef, vrae en kommernisse wat ons het.  Daar is baie waarde daarin om te gesels oor die vrae wat ons saam het.

Ek wil wel net noem dat ek ‘n meningspyling uitgestuur het om die inhoud van hierdie werkswinkel te kon kry.  Ek is nie ‘n Genie in a Bottle nie.  Ek het nie antwoorde en oplossings vir alles nie. Maar graag wil ek jou bemoedig en minder hulpeloos te laat voel.

  • Kommernisse en uitdagings (realiteite en feite).

A. Rekenaar toegang, data toegang, printers en ink, papier om skoolwerk te doen

Daar is onsettend baie huishoudings wat nie rekenaars, printers, ink en data het om skoolwerk wat deur die skool gegee word, af te laai of te doen nie.

Kom in kontak met ander ouers van jou kind se skool.  As dit moontlik is, betaal die ouer vir die werk wat hy/sy vir jou kind print om te doen.  Laat die klasmaats met mekaar kommunikeer op verskillende maniere (bv. Whatsapp ens). Gaan gerus ook na goeie ou Google en search dan. 

Kids can keep learning even during a lockdown. Here’s how

www.bizcommunity.com

Hierdie website gee reeds ‘n klom apps en websites wat verniet is.  Mense vra jou gemeenskap, bure, vriende, om jou te help met basiese data om hierdie elektroniese inligting te bekom.  Nou is nie ‘n tyd vir trots nie, steek jou trots in jou sak en vra.

B. Hoe berei ek my kind voor vir die nuwe fase in sy lewe en skoolloopbaan na COVID19

Ek dink hier moet ons blatant eerlik wees met mekaar dat ons totaal en al onseker is oor hoe die res van hierdie akademiese jaar gaan uitspeel.  

As onderwyseres het ons steeds nie vaste datums van terug keer vir onderrig nie.  Om nie eers te praat van die veiligheid en risikos nie.

Ek kan jou wel waarborg dat jou kind sy pêlle mis. Onthou ons kinders beleef dieselfde frustrasies as ons in lockdown.  

Hulle kan ook nie elke dag net smile en opgeruimd wees nie.  So neem in gedagte dat jou kind ook ‘n afdag of 4 sal hê.  Hy/sy stres ook oor allerhande dinge wat ouderdoms gepas is.

Tog moet ek uit ervaring vir jou weereens noem dat ons onderskat hoe aanpasbaar kinders is.  Hulle vind baie vinniger ‘n nuwe normaal as ons.

Moenie die kar voor die perde opsaal nie. Wanneer ons nuwe uitdagings beleef gaan ons dit kan noem by ‘n naam.  Met die identifisering van die uitdaging sal ons oplossings vind.  Ons gaan hierdie Olifant saam eet happie-vir-happie.

Ons as onderwysers is gemaak om jou kind te help en te leer. Elke skool sal ‘n goedgekeurde werkbare opvang plan hê om leerders reg te kry.  So haal asem en doen wat jy vandag kan doen.

________________________________________________________________________

Ons video reeks is ook op Youtube beskikbaar.

Sou julle 1-tot-1 sessies wou boek met myself, Maryke Jooste, of Mariska Knoetze, vir enige tipe coaching of ander dienste wat Mastering It bied, is julle welkom om kontak te maak – maryke@masteringit.co.za. Besoek ons webwerf gerus – www.masteringit.co.za
Ons hoor graag van julle!
Volg ons gerus op Facebook & Instagram ook!