Lockdown uitdagings vir Ouers – 1

0
651

Mastering It en Mariska Knoetze het dit goed gevind om tydens die lock down, wat reeds Maart die jaar begin het, ‘n Video reeks aan ouers beskikbaar te maak wat verskeie relevante kwessies rondom Lock down aanspreek.
In hierdie onderstaande artikel deel Mariska meer oor:
A. Die krag van Positiwiteit teenoor Negatiwiteit, en
B. Die verskillende maniere hoe Introverte vs Ekstroverte hierdie lock down tyd hanteer (het).

Ek is Mariska Knoetze.  Ek is ‘n voltydse onderwyseres, ‘n beroepskonsultant en ‘n narratiewe berader.  Maar ek is ook “n Enkelmamma van 6 jarige tweeling seuns.  Ek bly by my ouers en ons maak gelukkig ‘n “mean team” om die dinge aan die gang te hou.

Ek dink dit is ‘n voorreg om uit ‘n juffrou en mamma se perspektief te deel wat ons alles saam in hierdie huidige situasie beleef, vrae en kommernisse wat ons het.  Daar is baie waarde daarin om te gesels oor die vrae wat ons saam het.

Ek wil wel net noem dat ek ‘n meningspyling uitgestuur het om die inhoud van hierdie werkswinkel te kon kry.  Ek is nie ‘n Genie in a Bottle nie.  Ek het nie antwoorde en oplossings vir alles nie. Maar graag wil ek jou bemoedig en minder hulpeloos te laat voel.

  • Kommernisse en uitdagings (realiteite en feite).

A. Goeie en slegte tye – wat is goeie tye (bespreek opinies daaroor) en wat is slegte tye (bespreek opinies daaroor)

Volgens die woordeboek is positiwiteit ‘n werkwoord.  Dit is die teenwoordigheid van ‘n keuse tot jou denke.  Iets wat jy fisies moet kies en doen om die uitkoms te kan  beleef.  Dit is waarom party ouers sê hulle beleef die tyd as goed.

Maar om positief te wees is makliker gesê as gedaan. 

Ek is bevoorreg om omring te wees met my familie wat elkeen ‘n bydra lewer tot die feit om positief te bly.  

Vind iets wat jou brein op ‘n positiewe golflengte te kry. 
Ek vind dit in skilderkuns, oefeninge, en stiltetyd. En om buite te wees gee vir my baie positiewe energie. Om elke dag op te staan met die wete dat ek die vorige dag reeds beplan het wat ek vandag gaan doen, help baie.  

So beplan elke dag produktiewe en lekker aktiwiteite vir die volgende dag.

Negatiwiteit in die woordeboek is ook ‘n werkwoord.  Dus is dit iets wat ons kies om te doen. Daarom is daar ouers wat sê die tyd is uitdagend en moeilik.

Ek is self al deur my op-dae en af-dae.  Ons is net mens.  

Daar is dinge wat ons negatiwiteit “trigger” en dan is dit baie moeilik om uit die “gat” uit te klim.  

Daarom het ons mekaar nodig.  Die blote feit dat jy na my luister is ‘n goeie aanduiding dat jy eerder wil kies om positief te wees.

B. Ek is gefrustreerd (ekstrovert) om net by die huis te wees. Mis uit (intro- en ekstroverte) op familie geleenthede, verjaarsdae, geboortes, dood.

Kom ons wees eerlik met mekaar, ons kan nie ons broodjie aan alle kante gebotter kry nie.  Die tyd is nou maar vir een wat dit is.  Maar wat ons daarmee maak is ons keuse.

Ekstroverte mis verseker net die feit om uit te kom en is sekerlik die afgevaardigde winkel uitstappie tegnikus.  Ekstroverte moet uit en moet met ander praat. Dit is hulle behoud en hoe hulle gesnaar is. 

5 goed wat ‘n Ekstrovert kan leer by ‘n Introvert:  

  • Spending time alone is self-growth.
  • Appreciate the value of working independently. 
  • Effective listening skills. 
  • Don’t get side tracked easily. 
  • Maintain close relationships/connections.

5 goed wat ‘n Introvert kan leer by ‘n Ekstrovert:

  • Introverts can learn to make conversation like extroverts.
  • Introverts also have an opinion, speak up 
  • Introverts can learn to step outside their comfort zone. 
  • Introverts can deepen conversations. 
  • Introverts can learn to ask for help.

________________________________________________________________________

Ons video reeks is ook op Youtube beskikbaar.

Sou julle 1-tot-1 sessies wou boek met myself, Maryke Jooste, of Mariska Knoetze, vir enige tipe coaching of ander dienste wat Mastering It bied, is julle welkom om kontak te maak – maryke@masteringit.co.za. Besoek ons webwerf gerus – www.masteringit.co.za
Ons hoor graag van julle!
Volg ons gerus op Facebook & Instagram ook!