South African Water Warriors NPO 212-127
Berig deur Pieter du Plessis
South African Water Warriors ( Geregistreerde Nie Wins Gewende Organisasie ) is gestig deur Deon Smit op 26 Februarie 2017 om in die droogte bystand te bied met water skenkings in en om Kaapstad te versprei, met baie hoë water beperkings en “day Zero” op die horison. Brande in Wuppertal, Bettiesbaai en Paarl is ook bystand gebied met water skenkings.
Droogte geteisterde gebiede in SA se platgeslaande boere het hulpkrete gestuur, maar ook vir meer as water, voer vir hul honger vee, daaglikste kruideniers selfs vir hul eie gesinne en hul werkers gesinne. Die voortslepende droogte in die Noord Kaap, Oos Kaap en Karoo, laat nie net ons boere met dorre landerye nie, boere is finansieel uitgeput, hul is emotioneel na 5 jaar se uithou en aanhou op moedverloor se vlakte en voel vergete. Elke dag steel die droogte dief nog vee en dis nie ‘n mooi gesig om die vee karkaste oral tee te kom nie.
South African Water Warriors is ‘n span van 8 aktiewe volunteer lede regoor SA, wat alle skenkings van die algemene publiek insamel om die boere in alle opsigtigte op die been te hou. Skenkings van geseëlde water, enige vee voer, nie-bederfbare voedsel en troeteldier kos word in konvooi na die areas in nood vervoer. Fondse is ‘n baie belangrike aspek, fondse word meestal aangewend om die vervoer kostes te dek van geskenkde voer. Baie van hierdie voer word sonder die algemene konvooi uit Kaapstad gestuur. Ongeveer R 24 000 tot R 28 000 beloop die onkoste van een vragmotor om voer by die honger diere te laat aflewer indien die vervoer nie geborg word nie.
Baie mense wil graag ons boere bystaan maar weet nie noodwendig hoe om dit te doen nie, skakel in by South African Water Warriors se Facebook Groep
https://www.facebook.com/groups/2015966815286967/
wat reeds als in plek het om alle donasies by die gesinne in nood af te lewer.
Saam kan ons die gesinne in droogte se las dra, saam kan ons ‘n ongelooflike verskil vir ons boere gesinne asook hul werker gesinne maak.
In die Suid Kaap / Karoo streek is ons baie aktief en word ondersteun deur vrywillegers en besighede met die volgende:
Bemarking (Print House & Digi Press)
Advertensies veldtogte (SFM, George Herald, Die Burger)
Stoor en vervoer (Kell Aluminium, Jagido Engineering, Lenco Logistics, Challenge Transport en Triton Express)
Laerskool Hoekwil en Laerskool George Suid (Insamelings)
Smart H20 (Waterdonasie punt)
Verskeie besighede en boere skenk wat anoniem wil bly.
Vir meer informasie kan kontak
Pieter Du Plessis ( Area Lid ) Deon Smit ( Stigter )
076 844 6435 / pieterpdp@gmail.com 082 738 2702 deon@sawaterwarriors.org
Vorige uitreiking foto’s en video’s is beskikbaar op die Facebook Blad – South African Water Warriors.
Ondersteun ons boere wat ons elke dag 3 keer benodig om voedsel aan ons gesinne voor te sit