Garden Route NEWS

Level the playing fields

Die laerskool op Hoekwil het hul honderdste verjaarsdag in 2022 gevier. As deel van die verjaarsdag vieringe wou die beheerligaam van die skool die rugby veld gelyk maak. Die veld het ‘n val van 1,5 m oor die lengte van die veld.  Om die werk self te doen sou hulle maande geneem het en ook ‘n baie duur proses gewees het. Die beraamde koste was honderde duisend rand. Die projek het die baie gepaste naam van “Level the playingfields” gekry.

Op navraag vertel Marius Wannenberg, Voorsitter van die Beheerligaam van Hoekwil Laerskool, dat hulle vir Henra Konstruksie genader het en het Henra besluit om terug te ploeg in die gemaanskap deur die projek gratis vir die Laerskool te doen. Die laerskool moes net vir die diesel betaal. Die res is deur Henra betaal, kyk gerus die video om die omvang van die werk te sien.

Die werk wat gedoen is sluit in om die rugby veld gelyk te maak, ‘n nuwe hokkieveld is ge-bou en die netbal bane is gelyk gemaak.

Volgens Marius het die skool nou vir die eerste keer na 100 jaar behoorlike sportgronde om ordentlik sport aan te bied. Die skool is nou besig om gras te plant en danksy die wonderlike reën wat die gebied gehad het behoort dit nou vinnig te groei.

Hierdie is voorwaar ‘n wonderlike voorbeeld van waar die gemeenskap en besighede saam werk om die lewe van die inwoners, veral die kinders, te vergemaklik.

Video deur Garden Route Media
https://www.youtube.com/@gardenroutemedia4613

Volg hulle op Facebook
https://www.facebook.com/GardenRouteMedia

Exit mobile version