Site icon Garden Route NEWS

Dankbaarheid is soos “Alchemy”

Vanoggend ontvang ek hierdie van Quinton Adams en voel ek moet dit deel.

Dankbaarheid is soos “Alchemy”
Ek sien hierdie pragtige menslike verskynsel. Jy sien dit, voel dit en hoor dit. Dit is by tye net n onverklaarbare sosiale konstruksie. Mense wat ten spyte van hul min nogsteeds gee. Mense wat nie gee uit hul oorvloed nie maar uit hul min. In hul min is hul oorvloed eindlik opgesluit. Dit klink baie keer so paradoksaal, dubbelsinnig en soms onverklaarbaar. In hul min is hul oorvloed opgesluit. Dit is die mooi daad en proses van dankbaarheid -dankbaarheid is n innerlike beweging en transformasie wat uiterlik manifesteer.

Dit is n spirituele proses van suiwering en reiniging wat n mooi, vars en nuwe perspektief skep – n nuwe manier van verstaanvorming wat verby die hoogste en diepste redenasie beweeg. Dit is n “skynbaar irrasionele denkpatroon” wat harte warm laat klop.

Dit kom van n dieper plek, n dieper betekenis en ervaring. Dankbaardheid is soos “alchemy” wat koper in goud kan verander. Dankbaarheid verander die min in oorvloed.

Dit is soos wanneer een pak mieliemeel van 2.5kg deur n huisgesin weer verder opverdeel word vir 4 ander huise. Die een pak 2.5 kg mieliemeel word as oorvloed beskou. Dankbaarheid is die sleutel tot Oorvloed.
Groete Quinton Adams

https://www.facebook.com/quinton.adams.188 

Exit mobile version